MARKUS 12:30 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MARKUS 12:30 AFR83 (Afrikaans 1983)
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’
MARKUS 12:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
MARKUS 12:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’
MARKUS 12:30 DB (Die Boodskap)
Jy moet Hom liefhê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.
MARKUS 12:30 ABA (Bybel vir almal)
en jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand en met al jou krag.’
MARKUS 12:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’.
MARKUS 12:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag: dit is die eerste gebod.