MARKUS 14:61-62
MARKUS 14:61-62 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het stilgebly, Hy het niks geantwoord nie. Toe vra die hoëpriester vir Hom: “Is jy die Christus, die Seun van God vir wie ons moet prys?” Jesus het gesê: “Ja, Ek is! En julle sal sien Ek, die Seun van die mens, sit op die belangrikste plek langs God, God wat oor almal regeer, en julle sal sien Ek kom op die wolke.”
MARKUS 14:61-62 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God? En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.
MARKUS 14:61-62 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie. Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra. “Ek is,” het Jesus geantwoord
MARKUS 14:61-62 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Hy het stilgebly en niks geantwoord nie. Die hoëpriester vra Hom toe weer: “Is jy die Christus, die Seun van die Lofwaardige?” Jesus antwoord: “Ek is! En “julle sal die •Seun van die Mens sien sit aan die regterhand van die Magtige, en sien kom met die wolke van die hemel.”
MARKUS 14:61-62 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het stilgebly en niks geantwoord nie. Weer vra die hoëpriester Hom en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die Geseëndes? En Jesus sê: Ek is, en julle sal die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag en kom op die wolke van die hemel.
MARKUS 14:61-62 Die Boodskap (DB)
Maar Jesus het net doodstil gebly. Weer vra die hoëpriester Hom: “Is jy die beloofde Redder, die Seun van die groot God?” “Ek is,” sê Jesus. “En meer nog, julle sal sien hoe Ek, die beloofde Redder, op die ereplek langs die sterke God sit en ook hoe Ek op die wolke gaan kom om julle te oordeel.” Dit was waarvoor die hoëpriester gewag het.
MARKUS 14:61-62 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Jesus het net bly swyg. Hy het hulle glad nie geantwoord nie. Die hoofpriester vra toe nog ’n keer vir Hom: “Is jy die Messias, die Seun van die lofwaardige God?” Jesus se antwoord was: “Ja, Ek is, en julle sal vir My, die Seun van die Mens, sien sit aan die regterhand van God, die Magtige, en hoe Ek terugkom met die wolke van die hemel.”