MARKUS 3:25 - Compare All Versions

MARKUS 3:25 ABA (Bybel vir almal)

En as die mense van 'n huisgesin nie met mekaar kan saamwerk nie, dan sal daardie huisgesin nie bymekaar bly nie.

MARKUS 3:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie

MARKUS 3:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

en as 'n huisgesin onderling verdeeld is, sal daardie huisgesin nie kan bly staan nie.

MARKUS 3:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en as 'n huis teen homself verdeeld is, sal daardie huis nie staande kan bly nie.

MARKUS 3:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie.

MARKUS 3:25 DB (Die Boodskap)

’n Gesin waarin elkeen heeltyd die ander een boikot, sal mos uitmekaarspat.

MARKUS 3:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En as daar onderlinge stryd in ’n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!