MARKUS 4:40-41
MARKUS 4:40-41 Bybel vir almal (ABA)
Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle bang? Glo julle nou nog nie in My nie?” Die dissipels het baie bang geword. Hulle sê toe vir mekaar: “Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom.”
MARKUS 4:40-41 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie? En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!
MARKUS 4:40-41 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
MARKUS 4:40-41 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra hulle toe: “Waarom is julle bang? Het julle nog steeds nie geloof nie?” Hulle is met diep ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
MARKUS 4:40-41 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Waarom is julle so bang? hoe is dit dat julle geen geloof het nie? En hulle het uitermate bang geword en vir mekaar gesê: Watter soort mens is Hy dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?
MARKUS 4:40-41 Die Boodskap (DB)
Toe draai Hy na sy dissipels toe: “Vir wat was julle so bang? Vertrou julle My dan nie?” Hulle was heeltemal verslae en het klein gevoel in sy teenwoordigheid. “Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see doen wat Hy sê,” het hulle onder mekaar gewonder.