MARKUS 5:19-20 - Compare All Versions
MARKUS 5:19-20 ABA (Bybel vir almal)
Maar Jesus wou hom nie laat saamkom nie. Hy het vir die man gesê: “Gaan na jou huis en na jou familie toe. Vertel vir hulle wat die Here vir jou gedoen het. Vertel vir hulle dat die Here goed was vir jou toe dit sleg gegaan het met jou.” Die man het toe weggegaan en hy het in Dekapolis gaan vertel wat Jesus vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor.
MARKUS 5:19-20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was. En hy het weggegaan en in Dekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.
MARKUS 5:19-20 AFR83 (Afrikaans 1983)
Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.” Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor.
MARKUS 5:19-20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense, en vertel hulle alles wat die Here vir jou gedoen het en dat Hy medelye aan jou betoon het.” Die man het weggegaan en begin om alles wat Jesus vir hom gedoen het, in Dekapolis bekend te maak, en almal was verbaas daaroor.
MARKUS 5:19-20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Jesus het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan huis toe na jou vriende en vertel hulle hoe groot dinge die Here aan jou gedoen het en Hom oor jou ontferm het. En hy het weggegaan en in Dekapolis begin verkondig hoe groot dinge Jesus vir hom gedoen het, en almal was verwonderd.
MARKUS 5:19-20 DB (Die Boodskap)
Jesus wou nie. “Gaan huis toe waar jou mense vir jou wag. Gaan vertel vir hulle hoe goed die Here vir jou was en wat Hy alles vir jou gedoen het.” Die man het nie gestry nie. Hy is daar weg en het vir die mense in daardie streek (wat die mense Tien Stede genoem het) gaan vertel wat Jesus alles vir hom gedoen het. Die mense se monde het oopgehang van verbasing oor sy verhaal.
MARKUS 5:19-20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Jesus het egter vir hom gesê: “Nee, gaan huis toe na jou mense toe. Vertel vir hulle wat die Here vir jou gedoen het, en hoe goed Hy vir jou was.” Hy het wyd en syd in die Tien Stede-gebied gaan vertel wat Jesus vir hom gedoen het. En almal was verwonderd oor wat hy aan hulle vertel het.