MARKUS 5:27-29 - Compare All Versions
MARKUS 5:27-29 ABA (Bybel vir almal)
Sy het van Jesus gehoor en sy het van agter gekom, tussen die klomp mense deur. Sy het aan Jesus se klere geraak. Sy het gedink as sy net aan Jesus se klere kan raak, dan sal sy gesond word. Sy het dadelik opgehou bloei en sy het geweet haar liggaam is gesond.
MARKUS 5:27-29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak; want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word. En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.
MARKUS 5:27-29 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was.
MARKUS 5:27-29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En toe sy van Jesus hoor, het sy in die skare van agter af gekom en aan sy bokleed geraak, want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is.
MARKUS 5:27-29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sy van Jesus hoor, het sy agter in die pers gekom en sy kleed aangeraak. Want sy het gesê: As ek maar sy klere mag aanraak, sal ek gesond word. En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog; en sy het in haar liggaam gevoel dat sy van daardie plaag genees is.
MARKUS 5:27-29 DB (Die Boodskap)
Sy het van Jesus gehoor en toe by haarself geredeneer: “As ek net aan hierdie Man kan raak, weet ek dat ek gesond sal word.” Toe Jesus so tussen die baie mense deurstap, kry sy haar kans. Sy kom van agter af en vat aan Hom. Sy kon aan haar liggaam voel hoe sy beter word en die pyn weggaan. Sy was gesond!
MARKUS 5:27-29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe sy van Jesus hoor, het sy deur die skare gebeur en van agter aan sy klere geraak. Sy het gedink: “As ek net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Die bloeding het dadelik gestop en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy gesond is.