MARKUS 6:4
MARKUS 6:4 Die Boodskap (DB)
“So gaan dit maar,” het Jesus toe gesê. “Iemand wat deur God gestuur is om met mense oor God te praat word oral op die hande gedra, behalwe deur die mense onder wie hy grootgeword het.”
Deel
Lees MARKUS 6MARKUS 6:4 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na 'n profeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in sy eie stad, in sy eie familie en sy eie huisgesin respekteer hom nie.”
Deel
Lees MARKUS 6MARKUS 6:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.
Deel
Lees MARKUS 6MARKUS 6:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.”
Deel
Lees MARKUS 6MARKUS 6:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het toe vir hulle gesê: “'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy tuisdorp , en binne sy familiekring en in sy huis.”
Deel
Lees MARKUS 6