MARKUS 7:21-23
MARKUS 7:21-23 Die Boodskap (DB)
Want dit is van binne af, uit wat ’n mens begeer, dat vuil gedagtes groei, soos om ander se goed te vat of jou seksueel sleg te gedra. Laat Ek ’n lysie maak. Ek praat van dinge soos moord, om ontrou te wees in die huwelik, om meer te begeer as wat jy het, om mense kwaad te wil aandoen en allerhande skelmstreke te beplan, om nie om te gee wat jy doen nie, of dit nou reg of verkeerd is, om jaloers te wees op ander mense, om lelik met en van ander te praat, om te veel van jouself te dink en nie jou plek te ken nie en om sommer net ligsinnig te wees. Al hierdie dinge kom uit die binnekant van die mens - dít is dinge waarvan God nie hou nie en dit maak mense voor Hom onrein en onaanvaarbaar.”
MARKUS 7:21-23 Bybel vir almal (ABA)
want die slegte dinge wat 'n mens dink, kom van binne, uit sy hart. Dit is die slegte dinge wat 'n mens dink wat hom laat sonde doen: soos om seks te hê met iemand met wie hy nie mag nie, of te steel, of 'n mens te vermoor, of egbreuk te pleeg, of ander mense se goed te wil hê, of slegte dinge te doen, of skelm te wees, of te doen net wat hy wil, of jaloers te wees, of sleg te praat van ander mense, of hoogmoedig te wees, of nie te dink wat hy doen nie. Al hierdie slegte dinge kom van binne. Dit maak 'n mens onrein.”
MARKUS 7:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
MARKUS 7:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak 'n mens onrein.”
MARKUS 7:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want van binne af, uit die hart van mense, kom slegte gedagtes, onsedelikheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, geslepenheid, onwelvoeglikheid, jaloesie, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af en maak 'n mens onrein.”
MARKUS 7:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want van binne, uit die hart van die mense, kom slegte gedagtes, owerspel, hoererye, moorde, Diefstalle, hebsug, goddeloosheid, bedrog, ongebondenheid, 'n bose oog, godslastering, hoogmoed, dwaasheid; Al hierdie slegte dinge kom van binne en maak die mens onrein.
MARKUS 7:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want uit jou binneste, uit jou hart, kom slegte gedagtes, soos onsedelikheid, diefstal, moord, huweliksontrou, gierigheid, slegte bedoelings, skelmstreke, ongedissiplineerdheid, jaloesie, vloekery, hoogmoed en dwaasheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af. Dít is wat jou voor God onrein maak.”