MARKUS 8:29-30 - Compare All Versions
MARKUS 8:29-30 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het aangehou om vir hulle te vra: “Maar julle, wat sê julle? Wie sê julle is Ek?” Petrus het Hom geantwoord: “U is die Christus!” Jesus het toe vir sy dissipels gesê hulle mag nie vir ander mense vertel dat Hy die Christus is nie.
MARKUS 8:29-30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus. En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.
MARKUS 8:29-30 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.
MARKUS 8:29-30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy vra hulle toe: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” •Petrus antwoord Hom: “U is die Christus.” Jesus het hulle toe opdrag gegee om niemand van Hom te vertel nie.
MARKUS 8:29-30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir hulle: Maar wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir hom: U is die Christus. En hy het hulle bevel gegee om vir niemand van hom te vertel nie.
MARKUS 8:29-30 DB (Die Boodskap)
“Maar julle, wat sê julle van My? Wie is Ek?” vra Jesus hulle toe. Petrus sê toe: “U is Christus, die beloofde Redder.” Jesus vra hulle toe mooi om dit nie vir ander te sê nie.
MARKUS 8:29-30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy sê vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Petrus antwoord: “U is die Messias.” Maar Jesus het aan hulle streng opdrag gegee om dit vir niemand te vertel nie.