MARKUS 9:43 - Compare All Versions

MARKUS 9:43 ABA (Bybel vir almal)

As dit jou hand is wat jou laat ophou glo, kap dit af. Dit is beter om een hand te hê en die ewige lewe te ontvang, as om twee hande te hê en na die hel te gaan, na die vuur wat nooit ophou brand nie.

MARKUS 9:43 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur

MARKUS 9:43 AFR83 (Afrikaans 1983)

“As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.

MARKUS 9:43 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

As jou hand jou laat struikel, kap dit af! Dit is vir jou beter om vermink die lewe in te gaan as om met twee hande weg te gaan tot in Gehenna, in die onblusbare vuur.

MARKUS 9:43 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En as jou hand jou aanstoot gee, kap dit af; dit is beter vir jou om vermink in die lewe in te gaan as om twee hande te hê om na die hel in te gaan, in die vuur wat nooit uitgeblus sal word nie.

MARKUS 9:43 DB (Die Boodskap)

Ek wil dit so sterk stel: as jou hand maak dat jy dinge doen waarvan God nie hou nie, raak ontslae van jou hand. Dit is beter om sonder ’n hand vir ewig saam met God te leef as om met twee hande in die hel te beland waar ’n vuur brand wat nooit sal doodgaan nie.

MARKUS 9:43 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is vir jou beter om met een hand te lewe as om met twee hande en al in die hel te beland waar die vuur nooit geblus word nie.