NEHEMIA 1:9
NEHEMIA 1:9 Bybel vir almal (ABA)
maar as julle terugkom na My toe en as julle doen wat Ek wil hê en wat Ek vir julle gesê het, dan sal Ek julle mense weer bymekaarmaak, die mense wat Ek na al die kante toe gejaag het. Ek sal dit doen ook as hulle in baie ver lande is, en Ek sal hulle bring na die plek wat Ek gekies het om self daar te woon.’
NEHEMIA 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen — al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.
NEHEMIA 1:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’
NEHEMIA 1:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar as julle na My terugkeer en my gebooie nakom en dit uitvoer – selfs al is julle verstrooi tot aan die einde van die aarde – sal Ek julle daarvandaan bymekaarmaak en na die plek bring wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon. ’
NEHEMIA 1:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie bewaar en dit doen; al was daar van julle wat uitgewerp is tot aan die einde van die hemel, tog sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek gekies het om my Naam daar te vestig.