NEHEMIA 6:15-16
NEHEMIA 6:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die muur is voltooi op die vyf en twintigste van die maand Elul, binne twee en vyftig dae. Toe al ons vyande dit hoor, en die nasies rondom ons dit sien, was hulle selfversekerdheid daarmee heen. Hulle het toe geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God.
NEHEMIA 6:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Ons het die muur klaar gebou op die 25ste dag van die maand Elul. Ons het 52 dae lank gewerk. Toe al ons vyande en die mense van al die volke rondom ons dit sien, het hulle moedeloos geword, want hulle het geweet dat God ons gehelp het om hierdie werk klaar te maak.
NEHEMIA 6:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die muur is voltooi op die vyf-en-twintigste van Elul, in twee-en-vyftig dae. En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.
NEHEMIA 6:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die muur is binne twee-en-vyftig dae voltooi, op die vyf-en-twintigste dag van Elul. Toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bang geword, en ons vyande het in hulle oë baie laag gedaal. Hulle het besef dat hierdie werk met God se bystand gedoen is.
NEHEMIA 6:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So is die muur dan voltooi op die vyf en twintigste dag van die maand Elul, in twee en vyftig dae. En dit het gebeur dat toe al ons vyande dit hoor, en al die nasies wat rondom ons was, hierdie dinge gesien het, was hulle baie neergeslaan in hul eie oë, want hulle het gemerk dat hierdie werk deur onse God gedoen is.
NEHEMIA 6:15-16 Die Boodskap (DB)
Na 52 dae is die werk aan die muur voltooi. Dit was op die 25ste dag van die maand Elul. Toe ons vyande dit hoor en die ander volke rondom ons dit sien, het hulle grootpraterigheid soos mis voor die son verdwyn. Hulle moes erken dat ons dié werk met God se hulp gedoen het.
NEHEMIA 6:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op 2 Oktober is die muur uiteindelik voltooi. Dit was net 52 dae vandat ons begin bou het. Toe die nuus ons vyande bereik en die volke in die omgewing sien wat gebeur het, was hulle uit die veld geslaan. Hulle het besef dat ons God ons met hierdie werk gehelp het.