NEHEMIA 9:1-38
NEHEMIA 9:1-38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die vier en twintigste dag van dié maand het die Israeliete vir 'n vasdag bymekaargekom. Hulle het rouklere aangehad en daar was grond op hulle koppe. Die nakomelinge van Israel het hulleself afgeskei van alle nie-Israeliete en toe hulle plekke ingeneem en belydenis gedoen van hulle sonde en van die oortredings van hulle voorvaders. Hulle het op hulle plekke bly staan en het 'n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog 'n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig. Die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog gaan staan en die Here hulle God hard om hulp aangeroep. Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Kom, prys die Here julle God! Hy is van ewigheid tot ewigheid.” Toe het hulle u magtige Naam geprys, verhewe bo alle lof en roem. Dit is U! U alleen is Here! U het die hemel gemaak, die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U. U is die Here, die God wat vir Abram gekies het, hom uit Ur van die Galdeërs gebring het en sy naam Abraham gemaak het. U het hom getrou teenoor U bevind, met hom 'n verbond gesluit dat U die land van die Kanaäniete, die Hetiete en Amoriete, die Feresiete, Jebusiete en Girgasiete, aan sy nageslag sou gee, en U het u belofte nagekom; U is betroubaar. U het die nood van ons voorvaders in Egipte gesien, gehoor toe hulle by die Rietsee om hulp geroep het, en groot, magtige dade gedoen, teen die farao, teen sy amptenare en teen die mense in sy land, want U het geweet dat hulle u volk met minagting behandel het. U het die roem van u Naam groot gemaak, so soos dit vandag nog is. U het die see gekloof voor hulle, hulle kon op droë grond daardeur trek; maar U het hulle agtervolgers in die vloedwaters gegooi soos 'n klip in magtige waters. Met 'n wolkkolom het U hulle bedags gelei, met 'n vuurkolom snags om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek. U het op Sinaiberg afgekom, met hulle uit die hemel gepraat en vir hulle bepalings vasgestel wat billik is, wette wat vas staan, voorskrifte en gebooie wat goed is. U het hulle geleer van u gewyde sabbat en aan hulle gebooie, voorskrifte en 'n wet gegee deur Moses, u dienaar. U het vir hulle brood gegee uit die hemel toe hulle honger was, vir hulle water uit 'n rots laat stroom toe hulle dors was. U het gesê hulle kan die land in besit kom neem wat U met 'n eed beloof het om aan hulle te gee. Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel, hulle koppe was hard, hulle het nie u gebooie gehoorsaam nie. Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie. Ook toe hulle vir hulle die kalfsbeeld gegiet het en gesê het: “Hier is jou God wat jou uit Egipte gebring het,” en toe hulle skandelike dinge gedoen het, het U in u groot barmhartigheid hulle nie in die woestyn gelos nie. Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai nie maar hulle op die pad bly lei; die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek. U het u goeie Gees gegee om hulle te onderrig, U het u manna nie van hulle teruggehou nie, U het vir hulle water gegee vir hulle dors. Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg, hulle het niks kortgekom in die woestyn nie. Hulle klere het nie verslyt nie, hulle voete het nie geswel nie. U het koninkryke, volke, aan hulle gegee, gebiede aan hulle toegewys: hulle het die land van Sihon in besit geneem, die land van die koning van Gesbon, en die land van koning Og van Basan. U het hulle nageslag so baie laat word soos die sterre aan die hemel. U het hulle gebring na die land waarvan U aan hulle voorvaders gesê het dat hulle dit in besit sal kom neem. Hulle kinders het gekom en die land in besit geneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor u volk laat buig en hulle oorgegee in die mag van u volk. U volk kon doen wat hulle wou met die konings en die volke in die land. U volk het vestingstede beset en vrugbare grond. Hulle het beslag gelê op huise vol kosbare goed, putte wat klaar gegrawe was, wingerde en olyfboorde, vrugtebome in oorvloed. Hulle het geëet, meer as genoeg, vet geword, en hulle verlustig in u groot goedheid. Maar hulle het opstandig geword en teen U in verset gekom, hulle het u wet verwerp en u profete doodgemaak wat hulle gewaarsku het om na U terug te kom. Hulle het skandelike dinge gedoen. Toe het U hulle oorgegee in die mag van hulle teëstanders, dat dié hulle verdruk. Toe dit sleg met hulle gaan, het hulle na U geroep om hulp, en U het uit die hemel hulle gebed verhoor. In u groot barmhartigheid het U aan hulle redders gegee, en dié het hulle gered uit die mag van hulle teëstanders. Maar toe hulle rus kry, het hulle weer teen U oortree, en U het hulle in die mag van hulle vyande gelos dat dié oor hulle kon heers. Hulle het weer na U om hulp geroep, en U het uit die hemel hulle gebed verhoor en in u barmhartigheid het U hulle gered, keer op keer. U het hulle gewaarsku om terug te kom na u wet, maar hulle was vermetel, ongehoorsaam aan u gebooie. Hulle het gesondig teen u bepalings wat 'n mens laat lewe as hy hulle nakom. Hulle was moedswillig, hulle koppe was hard, hulle was ongehoorsaam. U was geduldig met hulle, baie jare lank, U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete, maar hulle het nie geluister nie. Toe het U hulle oorgegee in die mag van heidenvolke, maar in u groot barmhartigheid het U hulle nie heeltemal uitgewis nie, hulle nie verlaat nie. U is 'n genadige, 'n barmhartige God. En nou, ons God, grote God, magtig en ontsagwekkend, U wat die verbond en die troue liefde in stand hou, moet tog nie al dié ellende gering ag nie, die ellende wat ons, ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons profete, ons voorvaders, u hele volk, getref het van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe. In alles wat oor ons gekom het, was U regverdig; U het reg gedoen, ons verkeerd. Ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons voorvaders het nie u wet gehoorsaam nie, nie gelet op u gebooie, u verordeninge waarmee U hulle gewaarsku het nie. Hulle konings het nog geregeer en hulle het nog u groot goedheid geniet wat U hulle gegee het en in die wye, vrugbare land gewoon wat U aan hulle gegee het; al het hulle U nie gedien nie en hulle nie bekeer van hulle slegte dade nie. Hier is ons vandag slawe, ons is slawe in hierdie land, die land wat U aan ons voorvaders gegee het dat hulle die vrug daarvan en die goeie dinge daarin kan geniet. Sy ryke opbrengs behoort aan die konings wat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes; die konings maak met ons en ons vee soos hulle wil. Ons verkeer in groot nood. Daarom gaan ons 'n skriftelike onderneming aan. Op die verseëlde dokument teken ons leiers, ons Leviete en ons priesters hulle name.
NEHEMIA 9:1-38 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het op die 24ste dag van die sewende maand bymekaargekom. Hulle het gevas en rouklere aangetrek en grond op hulle koppe gegooi. Die Israeliete het apart gegaan, weg van almal wat nie Israeliete was nie. Die Israeliete het voor die Here gaan staan en hulle het bely dat hulle sonde gedoen het en dat hulle voorvaders verkeerd gedoen het. Hulle het op hulle plekke bly staan en hulle het drie uur lank uit die wetboek van hulle God gelees. Toe het hulle drie uur lank hulle sonde bely en voor hulle God die Here gebuig. Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog van die Leviete gaan staan en hulle het hard geskree en gevra dat hulle God die Here hulle moet help. Die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja het gesê: “Kom, julle moet julle God die Here prys, julle moet nooit ophou om dit te doen nie.” Hulle het u Naam geprys, Here, U wat Koning is, hulle het die Naam geprys, die Naam is so wonderlik dat daar nie woorde is om dit waarlik te prys en te loof nie. Hulle het gesê: “U is die Here, U alleen, U het die hemel gemaak, ook die hoogste hemel, en al die sterre in die lug. U het die aarde gemaak en alles daarop, die see en alles daarin. U het lewe gegee vir almal, die sterre in die lug aanbid U. U is ons God die Here, U het vir Abram gekies en U het hom gebring uit die stad Ur van die Galdeërs, U het vir hom die naam Abraham gegee. U het gesien dat hy vir U glo, en U het 'n verbond gemaak met hom. U het belowe om vir hom en sy nageslag die land te gee, die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Jebusiete, die Girgasiete. U het gedoen wat U belowe het, want U doen altyd wat reg is. “U het gesien dit gaan sleg met ons voorvaders in Egipte. U het geluister toe hulle na U geroep het by die Riet-see en gevra het dat U hulle moet help. U het geweet dat die farao en al sy amptenare en al die mense in sy land slegte dinge gedoen het aan ons voorvaders, en U het tekens en wonderwerke gedoen by hulle. Almal moes weet wie U is en almal moet nóú weet wie U is. U het 'n pad gemaak deur die see sodat ons voorvaders op droë grond daar kon deurloop, maar U het die mense wat vir hulle gevolg en gejaag het, in die water gegooi. Hulle het soos 'n klip in diep water gesink. “U het hulle in die dag gelei met 'n wolk, en in die nag het vuur vir hulle lig gemaak op die pad waar hulle moes gaan. U het afgekom na Sinai-berg, U het uit die hemel met hulle gepraat en vir hulle wette gegee wat reg en goed was. U het vir hulle geleer van u gewyde Sabbatdag en U het vir Moses gestuur om wette vir hulle te gee. Toe hulle honger was, het U vir hulle kos gegee uit die hemel, en toe hulle dors was, het U vir hulle water uit 'n rots laat kom. U het vir hulle gesê hulle moet kom en hulle moet die land vat wat U vir hulle belowe het. “Maar hulle, ons voorvaders, was opstandig en hardkoppig, hulle het nie gedoen wat U wil hê nie. Hulle was ongehoorsaam, hulle het nie die wonderwerke onthou wat U gedoen het nie. Hulle was hardkoppig, hulle was opstandig, hulle wou teruggaan om weer slawe te wees. “Maar U is God, U vergewe mense se sondes, U is genadig, U is goed vir mense wat swaarkry, U is geduldig, U doen altyd wat U belowe het. U het hulle nie gelos nie. U het hulle ook nie gelos toe hulle vir hulle 'n kalfbeeld gemaak het en vir U beledig het nie. Hulle het gesê die kalf is die god wat vir hulle uit die land Egipte gebring het. U was goed vir hulle toe hulle swaargekry het, U het hulle nie gelos in die woestyn nie. Die wolk het daar gebly om hulle in die dag te lei op die pad, en die vuur het in die nag lig gemaak op die pad waar hulle moes gaan. U het u goeie Gees vir hulle gegee om vir hulle te leer, U het aangehou om vir hulle manna te gee om te eet, en water om te drink. U het 40 jaar lank vir hulle gesorg in die woestyn, hulle het genoeg gehad van alles. Hulle klere het nie stukkend geword nie en hulle voete het nie geswel nie. U het vir hulle lande en volke gegee. Hulle kon alles vir hulle vat, die land Gesbon van koning Sihon, en die land Basan van koning Og. U het vir hulle so baie kinders gegee soos die sterre in die lug. U het vir hulle voorvaders gesê hulle kinders sal die land vir hulle kom vat, en die kinders hét die land kom vat. U het die mense van die land, die Kanaäniete, laat buig voor u volk. U volk het die Kanaäniete en hulle konings oorwin, hulle het gedoen wat hulle wil met die mense van die land. Hulle het die stede oorwin wat sterk mure gehad het en hulle het die vrugbare grond vir hulle gevat. Hulle het huise gevat wat vol kosbare goed was, ook watergate wat die mense in die rots gekap het, wingerde, olyfbome en baie vrugtebome. Hulle kon eet totdat hulle genoeg gehad het, hulle het vet geword. Hulle het die goeie dinge geniet wat U gegee het. “Maar hulle was hardkoppig, hulle was opstandig teen U. Hulle wou nie doen wat U wil hê nie. U profete het hulle gewaarsku en het gesê hulle moet terugkom na U toe, maar hulle het die profete doodgemaak. Hulle het vir U beledig. “U het hulle vyande laat wen teen hulle, die vyande het hulle laat swaarkry. En toe hulle swaarkry, het hulle na U geroep en gevra dat U hulle moet help. U was in die hemel en U het geluister. U is altyd goed vir mense wat swaarkry. Daarom het U mense gestuur wat hulle gered het van hulle vyande. Maar toe hulle al hulle vyande oorwin het, het hulle weer verkeerde dinge gedoen. U het hulle vyande laat wen teen hulle, en die vyande het oor hulle regeer. Hulle het weer na U geroep en gevra dat U hulle moet help. U was in die hemel en U het geluister, U het hulle gered, want U is goed vir mense wat swaarkry. U het dit baie maal gedoen. U het hulle gewaarsku en gesê hulle moet weer doen wat U wil hê, maar hulle wou nie. Hulle wou nie doen wat U wil hê nie. Hulle het sonde gedoen teen u wette, wette wat 'n mens laat lewe het as jy doen wat die wette sê. Hulle was hardkoppig en opstandig, hulle het nie geluister nie. U was geduldig met hulle, baie jare lank. U het u Gees vir die profete gegee en U het die profete gestuur om hulle te waarsku. Maar hulle het nie geluister nie, en U het die ander volke van die land laat wen teen hulle. Maar U is goed vir mense wat swaarkry, U het hulle nie almal laat sterf nie. U het hulle nie gelos nie, want U is 'n God wat genadig is en wat goed is vir mense wat swaarkry. “En nou, ons God, almal is bang vir U, U wat die groot en sterk God is. U hou aan om te doen wat U in u verbond belowe het. U moet kyk hoe swaar ons gekry het. Ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons profete, ons voorvaders, u hele volk het swaargekry, van die tyd van die konings van Assirië af tot vandag toe. Maar U het reg gedoen toe U dit alles laat gebeur het. U het dieselfde gebly, en ons het verkeerde dinge gedoen. Ons konings, ons amptenare, ons priesters en ons voorvaders het nie gedoen wat U wil hê nie. U het gesê wat hulle moet doen en U het hulle gewaarsku, maar hulle het dit nie gedoen nie. Hulle het 'n eie koning gehad, en hulle het baie goeie dinge van U gekry in die groot en vrugbare land wat U vir hulle gegee het, maar hulle het nie vir U gedien nie en hulle het nie opgehou om verkeerde dinge te doen nie. Hier is ons vandag slawe, ons is slawe in die land wat U vir ons voorvaders gegee het. U het die land vir hulle gegee sodat hulle kon eet en die goeie dinge van die land kon geniet. Ons het sonde gedoen, daarom laat U konings oor ons regeer, hulle doen wat hulle wil met ons en ons diere. Dit gaan baie sleg met ons.” Al hierdie dinge het met ons gebeur. Daarom maak ons 'n ooreenkoms. Ons wil doen wat ons belowe en ons skryf dit neer. Ons sit seëls op die ooreenkoms en ons skryf die name van ons amptenare, ons Leviete en ons priesters daarop.
NEHEMIA 9:1-38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof. En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders. En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende 'n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende 'n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid. En op die verhoog van die Leviete het Jésua en Bani, Kádmiël, Sebánja, Bunni, Serébja, Bani, Kenáni opgestaan en met 'n groot stem die HERE hulle God aangeroep. En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is! U is alleen die HERE, Ú het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer. U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het. En U het sy hart getrou bevind voor u aangesig, en U het met hom die verbond gesluit om die land te gee van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete en Feresiete en Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee; en U het u woorde vervul, want U is regverdig. En U het die ellende van ons vaders in Egipte aangesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor, en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U 'n Naam gemaak soos dit vandag is. En die see het U voor hulle geklowe, sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het; maar hulle vervolgers het U in die kolke gewerp soos 'n klip in sterk waters. En U het hulle gelei met 'n wolkkolom bedags en met 'n vuurkolom snags om die pad vir hulle te verlig waar hulle langs moes trek. En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee. En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en 'n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel. En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee. Maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie; ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid 'n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is 'n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie. Selfs toe hulle 'n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het! — en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het, het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie. En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors. En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie. En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgens bepaalde grense verdeel; en hulle het die land van Sihon, ja, die land van die koning van Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem. En U het hulle kinders vermenigvuldig soos die sterre aan die hemel en hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders gesê het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem. En die kinders het ingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en dié in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind. En hulle het versterkte stede en 'n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid. Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, dat dié hulle in benoudheid sou bring. Maar wanneer hulle in die tyd van hulle benoudheid U aangeroep het, het Ú uit die hemel gehoor en na u grote barmhartigheid aan hulle verlossers gegee, dat dié hulle uit die hand van hul teëstanders kon verlos. Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig, en U het hulle oorgelewer in die hand van hul vyande, dat dié oor hulle sou heers; as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baiekeer gered. En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat 'n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het 'n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie. En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande. Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is 'n genadige en barmhartige God. Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk oorgekom het van die dae van die konings van Assur af tot vandag toe. Maar U is regverdig in alles wat oor ons gekom het; want U het getrou gehandel, maar ons het goddeloos gehandel; en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie. En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie. Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet — daarin is ons slawe. En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in 'n groot benoudheid. MAAR op grond van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.
NEHEMIA 9:1-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand het die Israeliete byeengekom, terwyl hulle vas in rouklere, en met grond op hulle koppe. Die nageslag van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders. Hulle het gestaan en belydenis gedoen van hulle sondes en die sondeskuld van hulle voorouers. Hulle het op hulle plekke bly staan en het vir 'n kwart van die dag uit die •boekrol met die Wet van die HERE hulle God gelees, en vir 'n kwart van die dag het hulle belydenis gedoen, en telkens voor die HERE hulle God in aanbidding gebuig. Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog van die Leviete gaan staan en met harde stemme na die HERE hulle God om hulp geroep. Die Leviete, Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja het gesê: “Staan op! Prys die HERE julle God van ewigheid af en vir ewig! Laat hulle u heerlike Naam prys wat bo elke seënspreuk en loflied verhewe is. U alleen is die HERE; dit is U wat die hemelruim, die hoogste hemele, gemaak het en al sy hemelliggame, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. U hou dit alles aan die lewe; en die hemelliggame – voor U buig hulle in aanbidding. “U is die HERE, die God wat vir Abram gekies het, hom uit Ur van die Galdeërs gelei het, vir hom die naam Abraham gegee het. U het sy hart getrou teenoor U bevind en met hom die verbond gesluit om aan hom te gee die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete en Feresiete, die Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee. U het u woord gestand gedoen, want U is regverdig. “ U het die ellende van ons voorouers in Egipte raakgesien, hulle noodkreet by die Rietsee het U gehoor. U het tekens en wonders gedoen by die farao, by al sy dienaars en die hele volk van sy land, want U het geweet dat hulle vermetel optree teen u volk; U het vir U 'n naam gemaak, soos dit vandag nog is. “ Die see het U voor hulle oopgekloof, hulle het dwarsdeur die see getrek op droë grond. Hulle agtervolgers het U in die dieptes gewerp, soos 'n klip in die magtige waters. Met 'n wolkkolom het U hulle bedags gelei, met 'n vuurkolom snags, om vir hulle die pad te verlig waarop hulle moes gaan. “ Op die berg Sinai het U neergedaal, met hulle uit die hemel gepraat. U het vir hulle gepaste beslissings gegee – betroubare wette, goeie voorskrifte en gebooie. U heilige Sabbat het U aan hulle bekend gestel; gebooie, vaste voorskrifte en 'n wet het U hulle opgelê by monde van Moses, u dienskneg. “Brood uit die hemel het U aan hulle gegee vir hulle honger; water uit 'n rots het U vir hulle laat ontspring vir hulle dors. U het vir hulle gesê om in te gaan, die land in besit te neem, die land waaroor U u hand opgehef het om dit aan hulle te gee. Maar hulle, ons voorouers, was vermetel; hulle het hulle nekke styf gemaak; hulle was nie gehoorsaam aan u gebooie nie. Hulle het geweier om te luister; hulle het nie u wonderdade onthou wat U aan hulle gedoen het nie. Hulle het hulle nekke styf gemaak en was vasbeslote om terug te keer na hulle slawerny in Egipte. Maar U is 'n God wat vergewe, U is genadig en barmhartig, geduldig, vol troue liefde; U het hulle nie verlaat nie. Selfs toe hulle 'n gegote kalf gemaak en gesê het, ‘Dit is jou God wat jou uit Egipte laat optrek het,’ en hulle hulle skuldig gemaak het aan ernstige godslastering, het U, in u groot ontferming, hulle nie in die woestyn agtergelaat nie. Die wolkkolom, om hulle op die pad te lei, het bedags nie van hulle gewyk nie, en die vuurkolom, om vir hulle die pad te verlig waarop hulle moes gaan, ook nie snags nie. U goeie Gees het U gegee om aan hulle insig te gee; u manna het U nie van hulle monde weerhou nie; en water het U vir hulle gegee om hulle dors te les. Veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het geen gebrek gely nie; hulle klere het nie verslyt nie, en hulle voete het nie geswel nie. “ U het koninkryke en volke aan hulle oorgelewer, die grondgebied stuk vir stuk onder hulle verdeel. Hulle het die land van Sihon in besit geneem, ook die land van die koning van Gesbon en die land van Og, koning van Basan. Hulle kinders het U so talryk gemaak soos die sterre aan die hemelruim. U het hulle gebring na die land wat U aan hulle voorouers beloof het om daar in te gaan, om dit in besit te neem. Die kinders het die land binnegegaan, dit in besit geneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle die knie laat buig. U het hulle in hulle hand gegee, sowel hulle konings as die volke van die land, om met hulle te doen net wat hulle wou. Hulle het versterkte stede en vrugbare grond verower. Hulle het huise, vol van alles wat goed is, in besit geneem, ook uitgekapte opgaarputte, wingerde, olyfboorde en talryke vrugtebome. Hulle het geëet, versadig en vet geword; hulle kon hulle verlustig in u groot goedheid. “Maar hulle was opstandig, het teen U in opstand gekom. Hulle het die rug op u wet gedraai. U profete, wat hulle tereggewys het om hulle na U terug te bring, het hulle vermoor. Hulle het hulle skuldig gemaak aan ernstige godslastering. U het hulle oorgegee in die hand van hulle teenstanders, en dié het hulle in die noute gebring. In hulle tyd van nood het hulle na U om hulp geroep, U self het uit die hemel gehoor. In u groot ontferming het U aan hulle verlossers gegee, en dié het hulle verlos uit die hand van hulle teenstanders. Maar net toe daar vir hulle rus gekom het, het hulle weer gedoen wat sleg is in u oë. U het hulle in die hand van hulle vyande gelaat, en dié het oor hulle geheers. Hulle het weer na U om hulp geroep, U self het uit die hemel gehoor en hulle in u groot ontferming vele kere uitgered. U het hulle gewaarsku, om hulle na u wet terug te bring. Maar hulle was vermetel, hulle het nie na u gebooie geluister nie, en teen u bepalings het hulle gesondig, teen dit wat 'n mens moet doen, sodat hy daardeur kan leef. Hulle skouers het onversetlik gebly, hulle nekke styf, hulle het nie geluister nie. “ Baie jare lank was U geduldig met hulle, het U hulle gewaarsku deur u Gees by monde van u profete, maar hulle het nie gehoor gegee nie. U het hulle oorgegee in die hand van die volke van ander lande. In u groot ontferming het U hulle egter nie heeltemal vernietig nie; U het hulle nie in die steek gelaat nie. Ja, U is 'n genadige en barmhartige God. “ Daarom, ons God, groot, magtige en ontsagwekkende God, U wat bly by die verbond en u troue liefde, laat dit tog nie gering wees voor U nie, al die swaarkry wat ons ervaar het – ons konings en leiers, ons priesters en profete, ons voorouers en u hele volk – vanaf die dae van die konings van Assirië tot vandag toe. U was regverdig in alles wat oor ons gekom het, ja, U het in trou opgetree – ons was skuldig. Ons konings en leiers, ons priesters en voorouers het u wet nie uitgevoer nie. Hulle het nie ag geslaan op u gebooie en bepalings waarmee U hulle gewaarsku het nie. Hulle het, met hulle eie koninkryk, te midde van u groot goedheid wat U aan hulle geskenk het, en in die wye en vrugbare land wat U vir hulle aangebied het, U nie gedien nie; hulle het nie weggedraai van hulle bose dade nie. “ Kyk, ons is vandag slawe; die grond wat U aan ons voorouers gegee het om die vrugte en die goeie daarvan te geniet – kyk, ons is slawe daarop. Die opbrengs daarvan word meer vir die konings wat U oor ons gestel het – en dit as gevolg van ons sondes. Oor ons liggame heers hulle, ook oor ons vee, soos hulle wil. Ons verkeer in groot nood.” “Op grond van dit alles gaan ons nou 'n bindende ooreenkoms sluit en dit op skrif stel, en daarop die seël plaas met die name van ons leiers, ons Leviete en ons priesters.”
NEHEMIA 9:1-38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op die vier en twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader met vas en met rouklere en grond daarop. En die nageslag van Israel het hulle afgesonder van al die vreemdelinge en opgestaan en hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders bely. En hulle het op hulle plek opgestaan en 'n kwart van die dag uit die wetboek van die HERE hulle God gelees; en 'n ander vierde deel het hulle belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid. Toe het Jesua en Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani op die trappe van die Leviete opgestaan en met 'n groot stem tot die HERE hulle God geroep. Toe het die Leviete, Jesua en Kadmiël, Bani, Hasabnja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petája gesê: Staan op en loof die HERE jou God vir ewig en altyd, en sy heerlike Naam wat verhewe is bo alle seën en lof. U, ja, U is die HERE alleen; U het die hemel gemaak, die hemel van die hemele, met sy hele leër, die aarde en alles wat daarin is, die seë en alles wat daarin is, en U bewaar dit alles; en die leër van die hemel aanbid U. U is die HERE die God wat Abram uitverkies en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en hom die naam Abraham gegee het; En hy het sy hart getrou voor jou gegrond en 'n verbond met hom gesluit om die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete en die Feresiete en die Jebusiete en die Girgasiete te gee om dit, sê ek, aan sy nageslag te gee, en het u woorde volbring; want jy is regverdig: En het die ellende van ons vaders in Egipte gesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor; En hy het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land, want jy het geweet dat hulle trots teen hulle gehandel het. So het jy vir jou 'n naam gekry, soos dit vandag is. En jy het die see voor hulle uitgesplit, sodat hulle op droë grond deur die see getrek het; en U het hulle vervolgers in die dieptes gegooi, soos 'n klip in die magtige waters. Verder het U hulle bedags gelei deur 'n wolkkolom; en in die nag by 'n vuurkolom, om vir hulle lig te gee op die weg waarheen hulle moet gaan. U het ook op die berg Sinai neergedaal en uit die hemel met hulle gespreek en aan hulle regte verordeninge en ware wette, goeie insettinge en gebooie gegee. En u heilige sabbat aan hulle bekend gemaak en voorskrifte, insettinge en wette aan hulle beveel deur die hand van u kneg Moses. En vir hulle brood uit die hemel gegee vir hulle honger, en vir hulle uit die rots water uitgebring vir hulle dors, en hulle beloof om in te gaan om die land in besit te neem wat U met 'n eed gesweer het om aan hulle te gee. Maar hulle en ons vaders het trots gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie, En hy het geweier om te gehoorsaam, en het nie gedink aan u wonders wat U onder hulle gedoen het nie; maar U het hulle nekke verhard en in hulle opstand 'n owerste aangestel om na hulle slawerny terug te keer; maar U is 'n vergewensgesinde God, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie. Ja, toe hulle vir hulle 'n gegote kalf gemaak het en gesê het: Dit is jou God wat jou uit Egipte laat optrek het en groot ergernis bewerk het; Tog het U hulle deur u veelvuldige barmhartighede in die woestyn nie verlaat nie; die wolkkolom het bedags nie van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie; ook nie die vuurkolom in die nag om vir hulle lig te wys en die weg waarlangs hulle moet gaan nie. U het ook u goeie gees gegee om hulle te onderrig, en U het u manna nie van hulle mond teruggehou nie en hulle water gegee vir hulle dors. Ja, veertig jaar het U hulle in die woestyn onderhou, sodat hulle niks ontbreek het nie; hulle klere het nie oud geword nie, en hulle voete het nie geswel nie. Verder het U aan hulle koninkryke en nasies gegee en hulle in hoeke verdeel, sodat hulle die land Sihon en die land van die koning van Hesbon en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem het. Ook het U hulle kinders vermeerder soos die sterre van die hemel en hulle ingebring in die land waaroor U aan hulle vaders beloof het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem. Die kinders het toe ingegaan en die land in besit geneem, en jy het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en hulle in hulle hand gegee, saam met hulle konings en die mense van die land, sodat hulle met hulle kon doen soos hulle sou. En hulle het sterk stede en 'n vet land ingeneem en huise vol van alle goed in besit geneem, putte wat gegrawe is, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte; en hulle het geëet en versadig geword en vet geword en hulle verlustig in u groot goedheid. Maar hulle was ongehoorsaam en het teen U in opstand gekom en u wet agter hulle rug gewerp, en u profete gedood wat teen hulle getuig het om hulle na U te bekeer, en hulle het groot ergernisse bewerk. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle vyande wat hulle kwaad gemaak het; en volgens u veelvuldige ontferminge het U hulle verlossers gegee wat hulle uit die hand van hulle vyande gered het. Maar nadat hulle gerus het, het hulle weer kwaad gedoen voor jou aangesig; daarom het jy hulle in die hand van hul vyande oorgelaat, sodat hulle oor hulle heers; en U het hulle baie kere verlos volgens u barmhartighede; en teen hulle getuig, dat U hulle na u wet kon terugbring; tog het hulle trots gehandel en nie na u gebooie geluister nie, maar teen u verordeninge gesondig (wat as iemand dit doen, hy daarin sal lewe) en die skouer en hulle nek verhard en nie gehoor nie. Nog baie jare het U hulle verdra en deur u gees teen hulle getuig in u profete; tog het hulle nie geluister nie; daarom het U hulle oorgegee in die hand van die mense van die lande. Maar ter wille van u groot ontferming het U hulle nie heeltemal vernietig en hulle nie verlaat nie; want U is 'n genadige en genadige God. Nou dan, onse God, die grote, die magtige en die vreeslike God, wat verbond en barmhartigheid hou, laat al die moeilikheid nie gering wees voor U wat oor ons gekom het, oor ons konings, oor ons vorste en oor ons priesters en oor ons profete en oor ons vaders en oor u hele volk, van die tyd van die konings van Assirië af tot vandag toe. Maar U is regverdig in alles wat oor ons gebring word; want U het reg gedoen, maar ons het goddeloos gehandel. Ook ons konings, ons vorste, ons priesters en ons vaders het nie u wet onderhou nie en nie geluister na u gebooie en u getuienisse waarmee u teen hulle getuig het nie. Want hulle het U nie gedien in hulle koninkryk en in u groot goedheid wat U aan hulle gegee het, en in die groot en vet land wat U aan hulle gegee het nie, en hulle het nie van hulle bose werke afgewend nie. Kyk, ons is vandag diensknegte, en vir die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrugte daarvan en die goeie daarvan te eet, kyk, ons is diensknegte daarin. En dit gee groot opbrings vir die konings wat U oor ons aangestel het vanweë ons sondes; ook heers hulle oor ons liggame en oor ons vee, volgens hulle wil, en ons is in groot benoudheid. En ter wille van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en skryf dit op; en ons vorste, Leviete en priesters, verseël dit.
NEHEMIA 9:1-38 Die Boodskap (DB)
Op die 24ste dag van dieselfde maand het die Israeliete vir ’n vasdag bymekaargekom. Om hulle hartseer oor hulle sonde te wys het hulle sakke in plaas van klere aangetrek en stof op hulle koppe gegooi om te wys dat hulle sondaars is. Die Israeliete wat alle bande met vreemdelinge verbreek het, het opgestaan en belydenis gedoen van hulle sonde. Hulle het ook om vergifnis gevra vir die oortredings van hulle voorouers. Hulle het net so bly staan terwyl die wet van die Here hulle God drie ure lank aan hulle voorgelees is. Toe het hulle daarna nog drie ure lank hulle sonde voor die Here hulle God bely en Hom aanbid. Op die verhoog het die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani hardop tot die Here hulle God gebid. Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Prys die Here julle God. Hy ken geen begin of einde nie! U groot Naam moet geprys word. U roemryke Naam is verhewe bo alle lof en roem.” U, Here, U is die enigste Here! U het die hemel met al sy sterre en planete gemaak. Ook die aarde met al sy bewoners en die see met alles daarin. U gee lewe. Daarom buig die hemelse skare in aanbidding voor U. U, Here, is die God wat vir Abram geroep het, U het hom laat wegtrek uit Ur van die Galdeërs uit en hom die naam Abraham gegee. Toe U sien dat hy U alleen gedien het, het U met hom ’n ooreenkoms aangegaan dat U die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Jebusiete en die Girgasiete aan hom en sy kinders sou gee. U het u woord gehou omdat U onder alle omstandighede betroubaar is. U het gesien hoe ons voorouers in Egipte gely het. U het gehoor toe hulle ernstig om hulp geroep het by die Rietsee. U het asemrowende wonders gedoen wat die farao, sy werkers en sy volk stomgeslaan het, want U het geweet dat hulle u volk sonder enige respek behandel. Daardeur het U vir U ’n groot en roemryke reputasie opgebou wat tot vandag toe onthou word. U het vir hulle ’n pad deur die see gemaak sodat hulle droogvoets daardeur kon loop. Maar hulle vyande wat hulle agtervolg het, het U in dieselfde see laat verdrink. U het hulle soos ’n klip na die bodem toe laat sink. Bedags het U met ’n wolkkolom voor hulle uitgetrek om vir hulle die pad te wys en snags met ’n kolom van vuur, sodat hulle nie verdwaal het nie. U het afgekom uit die hemel na die berg Sinai toe en uit u woonplek met hulle gepraat. Die opdragte wat U vir hulle gegee het, was nie moeilik om te gehoorsaam nie. U wette is vir altyd waar en geldig. Dit wat U voorskryf, is goed en reg. U het hulle geleer wat U van hulle verwag op die sabbat. U het u wil baie duidelik in die gebooie en in al u ander wette bekendgemaak deur u dienaar Moses. Toe hulle honger was, het U vir hulle brood uit die hemel gegee. Toe hulle dors was, het U water uit ’n rots laat stroom waarvan hulle kon drink. U opdrag aan hulle was om die land wat U aan hulle belowe het, in besit te gaan neem. Maar ons voorvaders was verwaand en hardkoppig. Hulle het geweier om te doen wat U sê. Hulle wou nie luister nie. Hulle het vergeet van al die wonderwerke wat U langs die pad gedoen het. Hulle was vasbeslote om terug te gaan Egipte toe om weer slawe te wees. Maar, God, U is bereid om te vergewe. U is vol goedheid en ontferming, U tree met deernis en liefde op. Daarom het U hulle nie aan hulle eie lot oorgelaat nie. Selfs toe hulle vir hulle ’n afgodsbeeld gemaak het in die vorm van ’n kalf en gesê het: “Hier is jou god wat jou uit Egipte gered het!” en die vieslikste goed aangevang het, het U in u oorvloedige liefde hulle nie in die woestyn aan hulle eie lot oorgelaat nie. Die wolkkolom was steeds in die dag daar om vir hulle die pad te wys en die vuurkolom om in die nag vir hulle lig te gee. In u oorvloedige goedheid het U u goeie Gees gestuur om hulle te leer wat U van hulle verwag; U het nie die manna van hulle teruggehou nie, en as hulle dors was, het U vir hulle water gegee. Veertig jaar lank het U hulle in die woestyn opgepas. Hulle het nooit iets nodig gehad nie. Hulle klere het nie oud geword nie, hulle voete het nie eens opgeswel van die baie loop nie. U het hulle gehelp om magtige ryke en nasies te oorwin wat aan hulle eie gebied gegrens het. Hulle het ook koning Gesbon se land, Sihon, en koning Og se land, Basan, oorgeneem. U het hulle net soveel kinders gegee as wat daar sterre aan die hemel is. U het die land wat U aan hulle ouers belowe het, vir hulle gegee om in te bly. Hulle kinders het die land ingeneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, die knie laat buig voor hulle. U het hulle mag gegee oor die konings en die volk van die land sodat hulle met hulle kon doen net wat hulle wou. Hulle het die stede wat deur dik mure omring is, ingeneem en die vrugbare grond vir hulle gevat. Hulle het huise vol van die mooiste goed vir hulleself gevat. Die putte was klaar gegrawe; daar was volop wingerde, olyfboorde en vrugtebome. Die Israeliete het meer as genoeg kos gehad om te eet; hulle was later spekvet. U het hulle oorlaai met u goedheid. Maar die Israeliete was ongehoorsaam en opstandig teen U. Hulle het hulle nie aan u opdragte gesteur nie. Hulle het u boodskappers doodgemaak omdat hulle u volk gewaarsku het om U opreg te dien. Hulle het skandelike dinge aangevang. Daarom het U hulle aan hulle vyande oorgelewer, wat hulle baie swaar laat lewe het. Toe dit gebeur, het hulle vinnig na U toe gehardloop en hulp gevra en U het hulle gebede verhoor, U wat in die hemel bly. Omdat U so baie vir hulle omgee, het U vir hulle leiers gestuur om hulle te help teen hulle vyande. Maar die oomblik toe dit goed gaan, het hulle weer presies dieselfde goed aangevang. Daarom het U weer hulle vyande toegelaat om oor hulle te regeer. Tog, toe hulle terugkom en om verskoning vra, het U keer op keer uit die hemel weer tot hulle redding gekom. Dit het U gedoen omdat U vir hulle lief is. U het hulle gewaarsku om te luister na wat U hulle leer, maar hulle was te vol van hulleself. Hulle het hulle nie aan u opdragte gesteur nie. Hulle het gelag vir u Woord, alhoewel dit lewe gee aan elkeen wat dit gehoorsaam. Hulle was moedswillig en hardkoppig. Hulle het geweier om na U te luister. Vir baie jare lank was U geduldig met hulle. U het u profete met u Gees geïnspireer om hulle te waarsku dat hulle op die verkeerde pad is, maar hulle het hulle doof gehou. Daarom het U hulle aan nasies oorgelewer wat U nie ken nie. Maar omdat U so ongelooflik goed is, het U hulle nie heeltemal uitgeroei of u rug vir hulle gedraai nie. U het hulle nie in die steek gelaat nie, want U is ’n God wat vol goedheid en ontferming is. Ons God, hoe groot is U! U is ongelooflik sterk; almal het groot respek vir U. Omdat U vir ons omgee, hou U elke belofte van die ooreenkoms wat U gemaak het. Moet tog nie by ons verbykyk in ons ellende nie. Van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe het ons almal, ons konings, ons leiers, ons priesters, ons profete, ons voorouers, ja, die hele volk, al baie swaargekry. U het reg opgetree om ons te straf, U was reg; ons verkeerd. Ons konings, ons leiers, ons priesters en ons voorouers het nie gedoen wat U in u wet sê nie. Hulle het hulle doof gehou vir u bevele en u waarskuwings. Selfs toe hulle eie konings oor hulle regeer het en U hulle oorlaai het met net die beste in ’n vrugbare land, het hulle U nie gedien of opgehou met hulle sonde nie. Vandag is ons slawe in die land wat U vir ons voorouers gegee het sodat hulle daaruit kon lewe. Ten spyte van al die oorvloed in hierdie land is ons slawe! Die oorvloed van hierdie land behoort vandag aan die konings wat U oor ons laat regeer as gevolg van ons sonde. Hulle maak met ons en ons vee net wat hulle wil. Ons het groot probleme. Daarom maak ons ’n plegtige belofte teenoor U wat ons op skrif wil stel. Ons leiers, die Leviete en die priesters het dit namens ons met hulle handtekeninge bevestig en toe verseël.
NEHEMIA 9:1-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op 31 Oktober het die Israeliete vir ’n vasdag bymekaargekom. Hulle het klere van sakmateriaal aangetrek en stof op hulle koppe gegooi. Die mense van Israelitiese afkoms het toe alle bande met vreemdelinge verbreek. Hulle het daar gestaan en hulle sondes en ook die skuld van hulle voorouers bely. Hulle het vir omtrent ’n kwart van die dag gestaan terwyl die wetboek van die HERE hulle God vir hulle voorgelees is. Vir die volgende kwart van die dag het hulle om die beurt belydenis van hulle sondes gedoen en die HERE hulle God aanbid. ’n Paar Leviete het op die trappe van die Leviete gestaan en hardop die HERE hulle God gesmeek. Hulle name was Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani. Toe het die Leviete, Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja, vir die volk gesê: “Staan op! Loof die HERE julle God, want Hy leef van ewigheid tot ewigheid!” Toe het hulle die HERE geloof: “Mag u wonderlike Naam geprys word! Geen lofprysing of danksegging kan dit ooit beskryf nie. U alleen is die HERE. U het die hemele, die hoë hemel en al die sterre gemaak. U het ook die aarde en die see en alles daarin gemaak. U gee lewe aan alles, die hemelse engele aanbid U. U is die HERE God, U het Abram gekies en hom gebring uit Ur van die Galdeërs. U het hom Abraham genoem. Toe U sien dat hy getrou was, het U ’n verbond gesluit met hom om aan hom en sy nageslag die land van die Kanaäniete, die Hetiete en Amoriete, die Feresiete, Jebusiete en Girgasiete te gee. U het gedoen wat U beloof het, want U is getrou aan u woord. “U het gesien hoe ons voorouers swaarkry in Egipte, U het gehoor hoe hulle roep by die Rietsee. U het wonders en tekens teen die farao gedoen, teen sy diensknegte en al die mense van sy land. U het geweet dat hulle u volk sonder respek behandel. U dwing tot vandag toe nog net soveel respek af. U het die see voor hulle oopgekloof sodat u volk op droë grond kon deurtrek! Maar U het hulle agtervolgers in die diep waters gegooi, soos ’n klip in magtige waters. Bedags het U ons voorouers deur ’n wolkkolom gelei en snags deur ’n vuurkolom. So kon hulle weet watter rigting om te gaan. “U het uit die hemel na Sinaiberg toe afgekom en met hulle gepraat. U het vir hulle gegee: voorskrifte wat regverdig is en gebooie wat seker is, voorskrifte en bevele wat goed is. U het hulle geleer van u heilige Sabbatdag, hulle beveel om die opdragte, voorskrifte en gebooie wat U gegee het deur u dienskneg Moses te gehoorsaam. “Toe hulle honger was, het U uit die hemel vir hulle brood gegee. Toe hulle dors was, water uit die rots. U het hulle opdrag gegee om die land in te neem wat U met ’n eed aan hulle beloof het. Maar ons voorouers was verwaand en hardkoppig, hulle wou u bevele nie gehoorsaam nie. “Hulle was ongehoorsaam en het vergeet van al die wonders wat U vir hulle gedoen het. Hulle was hardkoppig. Hulle het ’n leier aangestel om hulle terug te vat na hulle slawerny in Egipte. Maar U is ’n God wat vergewe, genadig en vol deernis. U word nie vinnig kwaad nie, U is liefdevol en getrou. U het hulle nie in die steek gelaat nie, selfs toe hulle vir hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak het. Hulle het gesê: ‘Hierdie is julle god wat julle gebring het uit Egipte!’ Hulle het verskriklike, godslasterlike dinge gedoen. Maar in u groot liefde het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. In die dag het die wolkkolom steeds vir hulle die koers aangedui. In die nag het die vuurkolom steeds hulle pad verlig. U het u goeie Gees gegee om hulle te leer. U het ook nie opgehou om vir hulle brood uit die hemel te gee en water om hulle dors te les nie. U het hulle vir 40 jaar in die woestyn onderhou. In dié tyd het hulle niks kortgekom nie. Hulle klere het nie verweer nie, hulle voete nie geswel nie! “U het ons voorouers gehelp om koninkryke en nasies te oorwin. U het groot dele land aan hulle toegewys. Hulle het die grondgebied van koning Sihon van Hesbon en koning Og van Basan oorgeneem. U het hulle kinders so baie gemaak soos die sterre in die hemel. U het hulle gebring in die land wat U gesê het hulle voorouers moet in besit neem. Hulle het die land ingegaan en dit in besit geneem. U het die mense van die land aan hulle onderwerp. Selfs die konings en die Kanaäniete wat in die land gebly het, was magteloos! U volk kon met hulle doen net wat hulle wou. Ons voorouers het versterkte stede ingeneem en vrugbare grond ingepalm. Hulle het ook huise vol kosbaarhede oorgeneem. Die putte was klaar gegrawe, die wingerde, olyfbome en vrugteboorde was volop. Hulle het geëet, en vet geword, en die voorspoed geniet wat U gegee het. “Ten spyte hiervan was hulle ongehoorsaam en opstandig teen U. Hulle het u wet verwerp. U profete het hulle probeer oortuig om na U toe terug te keer. Maar hulle het hulle doodgemaak en godslasterlike dinge gedoen. Daarom het U hulle oorgegee aan hulle vyande wat die lewe vir hulle moeilik gemaak het. Toe dit met hulle swaar gaan, het hulle by U om hulp geroep. U het hulle gehoor uit die hemel. In u groot goedheid het U mense gestuur om hulle te verlos uit die mag van hulle vyande. Maar sodra dit goed gaan, begin u volk weer sondig. U het toegelaat dat hulle vyande hulle weer oorwin. Elke keer as u volk hulp vra, het U maar weer gehoor uit die hemel. U het hulle keer op keer vrygemaak omdat U so baie vir hulle omgee. U het hulle gewaarsku om u wet te gehoorsaam, maar hulle was hoogmoedig en wou nie u wette gehoorsaam nie. Mense wat u voorskrifte gehoorsaam, ontdek wat die lewe werklik is. Maar u voorskrifte het hulle oortree. Hulle het die rug op U gedraai en geweier om na U te luister. U was vir baie jare geduldig met hulle. U het gereeld deur u Gees profete gestuur om hulle te waarsku, maar hulle wou nie luister nie! Daarom het U hulle weer oorgelewer aan die heidense inwoners van die land. Maar omdat U meegevoel met hulle het, het U hulle nie heeltemal uitgeroei of verwerp nie. U is ’n God wat liefdevol is en baie genade het! “U is ons God, U is groot en magtig! U is die ongelooflike God. U hou die verbond en is getrou in u liefde. Moet tog nie al ons swaarkry geringskat nie. Ons en ons konings, ons leiers, priesters, profete, ons voorouers en die hele volk het gely vanaf die tyd van die Assiriese konings tot vandag toe. Elke keer as U ons straf, was dit regverdig. U was reg, ons het verkeerd gedoen. Ons konings en leiers, priesters en voorouers was ongehoorsaam aan u wet. Hulle het hulle nie gesteur aan u bevele en u waarskuwings nie. Selfs in die tyd toe hulle eie konings oor hulle regeer het en U hulle baie voorspoedig gemaak het, het hulle U nie gedien nie. Al het U vir hulle ’n groot, vrugbare land gegee, het hulle nog steeds aangehou om verkeerde dinge te doen. “En nou is ons vandag slawe! U het vir ons voorouers ’n vrugbare land gegee waar hulle voorspoed kon geniet. Nou is ons slawe daarin! Die oorvloed van die land behoort nou aan die konings wat U aangestel het om oor ons te heers. Omdat ons gesondig het, het hulle mag oor ons en ons vee. Ons kry baie swaar, want hulle doen met ons net wat hulle wil. “Ten spyte hiervan maak ons ’n plegtige belofte wat ons op skrif stel. Op hierdie verseëlde dokument staan die name van ons leiers, ons Leviete en priesters.”