NUMERI 1:50-51
NUMERI 1:50-51 Bybel vir almal (ABA)
Jy self moet vir die Leviete sê wat hulle moet doen. Hulle moet sorg vir die tempel-tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tempel-tent. Hulle moet ook sorg vir al die stukke wat by die tempel-tent moet wees. Hulle moet die tempel-tent dra en daarmee werk en hulle moet hulle tente rondom die tempel-tent opslaan. Wanneer hulle die tempel-tent na 'n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op 'n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer 'n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.
NUMERI 1:50-51 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
NUMERI 1:50-51 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet die Leviete aanstel om toesig te hou oor die tabernakel met die getuienis, oor al sy gereedskap en al sy toebehore. Hulle moet die tabernakel en sy gereedskap dra; net húlle moet daarmee werk; en hulle moet hulle tente rondom die tabernakel opslaan. As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word.
NUMERI 1:50-51 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy moet self die Leviete aanstel oor die •tabernakel met die Getuienis, en oor al die gereedskap en toebehore daarvan. Hulle moet die tabernakel en al die gereedskap dra, en hulle moet daarna omsien. Hulle moet rondom die tabernakel kamp opslaan. Wanneer die tabernakel verskuif word, moet die Leviete dit afbreek, en wanneer die tabernakel weer opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig. 'n Onbevoegde persoon wat naby kom, moet doodgemaak word.
NUMERI 1:50-51 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar jy moet die Leviete aanstel oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy voorwerpe en oor alles wat daarby behoort; hulle moet die tabernakel en al sy gereedskap dra; en hulle moet dit bedien en laer opslaan rondom die tabernakel. En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig; en die vreemdeling wat naby kom, moet gedood word.
NUMERI 1:50-51 Die Boodskap (DB)
Jy moet hulle gebruik om toesig te hou oor die tabernakel, die spesiale tent wat die bewys van my teenwoordigheid by julle is. Hulle is ook verantwoordelik vir al die gereedskap en toebehore wat deel is van die tabernakel. Net hulle mag die tabernakel dra en met hierdie gereedskap werk. Daarom moet hulle hulle tente rondom die tabernakel opslaan waar julle ook al kamp. Wanneer die tabernakel verskuif moet word, is dit die Leviete se werk om dit op en af te slaan. Enigiemand anders wat dit naby die tent waag, moet onmiddellik doodgemaak word.
NUMERI 1:50-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die verbond aanstel. Plaas hulle in beheer van al sy meubels en toebehore. Hulle moet dit vervoer wanneer julle trek. Hulle moet ook vir sy toebehore sorg. Hulle moet die tabernakel versorg en daar rondom hulle tente opslaan. Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan. “As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word.