NUMERI 13:28
NUMERI 13:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die volk wat in die land woon, word sterk, en die stede is ommuur en baie groot; en ons het ook die kinders van Enak daar gesien.
NUMERI 13:28 Die Boodskap (DB)
Die enigste probleem is dat die mense wat daar bly, ongelooflik sterk is. Hulle stede is baie groot en is versterk met dik mure om hulle. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar raakgeloop.
NUMERI 13:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die mense wat in die land woon, is egter baie sterk. Hulle het groot stede met verdedigingsmure om. Ons het ook Enak se nageslag daar gesien.
NUMERI 13:28 Bybel vir almal (ABA)
Maar daar is 'n probleem: Die mense wat in die land woon, is sterk en hulle woon in groot stede wat sterk mure het. Ons het ook Enak-mense daar gesien.
NUMERI 13:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.