NUMERI 13:33
NUMERI 13:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar het ons die reuse gesien, die seuns van Enak, wat uit die reuse kom; en ons was in ons eie oë soos sprinkane, en so was ons ook in hulle oë.
NUMERI 13:33 Die Boodskap (DB)
Om die waarheid te sê, ons het ’n paar reuse daar gesien, almal afstammelinge van Enak. Ons het so klein soos sprinkane teen hulle gevoel en ons dink hulle het ons seker vir sprinkane aangesien.”
NUMERI 13:33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons het Enak se nageslag daar gesien. Hulle is reuse. Ons het voor hulle soos sprinkane gelyk.”
NUMERI 13:33 Bybel vir almal (ABA)
Ons het ook reuse daar gesien. Ons het soos sprinkane gevoel voor hulle, hulle het miskien gedink ons lyk so klein soos sprinkane.” Die reuse is die voorvaders van die Enak-mense.
NUMERI 13:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.