NUMERI 16:1-2
NUMERI 16:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Korag, seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On, seun van Pelet, uit die nageslag van Ruben, geneem. Hulle en tweehonderd-en-vyftig mans van die Israeliete, leiers van die volksvergadering wat vir die geleentheid opgeroep is, manne van aansien, het voor Moses gaan staan.
NUMERI 16:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Korag, Datan, Abiram en On het opstandig geword teen Moses. Korag was die seun van Jishar seun van Kehat seun van Levi, Datan en Abiram was die seuns van Eliab, en On was die seun van Pelet. Hulle was uit die nageslag van Ruben. Saam met hulle was daar 250 manne van Israel, manne wat leiers van die volk was. Die volksvergadering het hulle voorheen gekies, en almal het hulle geken.
NUMERI 16:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem, en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.
NUMERI 16:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Korag seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het saam met die Rubeniete Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On seun van Pelet teen Moses in opstand gekom. Saam met hulle was twee honderd en vyftig Israelitiese mans, leiers van die gemeenskap wat deur die volksvergadering aangewys is, manne van aansien.
NUMERI 16:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, en Datan en Abiram, die seuns van Eliab, en On, die seun van Pelet, die seuns van Ruben, het manne geneem. En hulle het opgestaan voor Moses, saam met sommige van die kinders van Israel, twee honderd en vyftig owerstes van die vergadering, bekendes in die vergadering, bekendes
NUMERI 16:1-2 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het Korag die seun van Jishar, een van die afstammelinge van Kehat die seun van Levi, na Datan en Abiram toe gegaan en ’n plan met hulle bespreek om teen Moses se leierskap in opstand te kom. Hulle twee was die seuns van Eliab en hulle was lede van die stam van Ruben. Hulle het ook Pelet se seun On by hierdie sameswering betrek. Hulle het toe met 250 ander prominente leiers van die gemeenskap kragte saamgesnoer om van Moses as leier ontslae te raak.
NUMERI 16:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Korag, die seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het saamgesweer met Datan en Abiram, die seuns van Eliab en met On, die seun van Pelet. Hulle was van Ruben se stam. Hulle het saam met 250 mans uit die Israeliete teen Moses in opstand gekom. Hulle was almal bekende leiers wat deur die gemeenskap aangewys is.