Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

NUMERI 27:8 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 27:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Sê vir die Israeliete: As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy grond aan sy dogter gee.

NUMERI 27:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.

NUMERI 27:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Sê ook vir die Israeliete: ‘Iemand wat sonder seuns doodgaan se erflating moet na sy dogters toe gaan.

NUMERI 27:8 DB (Die Boodskap)

Gaan sê ook vir die Israeliete: As iemand doodgaan sonder dat hy seuns het, behoort sy grond aan sy dogters.

NUMERI 27:8 ABA (Bybel vir almal)

“En jy moet vir die Israeliete sê: “Wanneer 'n man sterf en hy het nie 'n seun nie, dan moet julle sy grond vir sy dogter gee.

NUMERI 27:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Met die Israeliete moet jy praat en sê, ‘As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy erfdeel na sy dogter laat oorgaan.

NUMERI 27:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: As iemand sterf en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel aan sy dogter laat oorgaan.