NUMERI 29:1
NUMERI 29:1 Bybel vir almal (ABA)
“Op die eerste dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie op daardie dag die werk doen wat julle altyd doen nie.
NUMERI 29:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees.
NUMERI 29:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Op die eerste van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Dit is 'n dag vol feesvreugde vir julle.
NUMERI 29:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Dit moet vir julle 'n dag wees waarop op •ramshorings geblaas word.
NUMERI 29:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in die sewende maand, op die eerste dag van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; julle mag geen dienswerk doen nie; dit is vir julle 'n dag van basuinblaas.