NUMERI 3:12-13
NUMERI 3:12-13 Die Boodskap (DB)
“Die Leviete behoort aan My. Toe Ek al die oudste kinders van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek elke eersgebore kind in Israel, mense en diere, vir Myself opgeëis. Nou, in plaas daarvan dat Ek al die eersgebore kinders vir My vat, behoort die Leviete van nou af aan My. Dit sê Ek; Ek, die Here!”
NUMERI 3:12-13 Bybel vir almal (ABA)
“Ek het self die Leviete weggeneem van die Israeliete. Ek het nie die oudste seuns van die Israeliete geneem nie, Ek het die Leviete geneem in hulle plek. Die Leviete behoort aan My. Al die oudste seuns en al die eerste kleintjies van die mak diere is Myne. Dit is so van daardie dag af toe Ek die oudste seuns in Egipte laat sterf het. Ek het toe elke seun en elke dier wat eerste gebore is, aan My gewy, hulle is Myne, Ek is die Here.”
NUMERI 3:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees. Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.
NUMERI 3:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kyk, Ek het die Leviete uit die volk vir My geneem in die plek van al Israel se eersgeborenes; hulle behoort aan My. Al die eersgeborenes is Myne: die dag toe Ek al die eersgeborenes van die Egiptenaars omgebring het, het Ek dié van Israel, van mens en dier, vir My opgeëis; hulle behoort aan My. Ek is die Here.”
NUMERI 3:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wat My betref, kyk, Ek het die Leviete tussen die Israeliete uitgehaal in die plek van al die eersgeborenes, die eerstelinge van die moederskoot, onder die Israeliete. Die Leviete behoort aan My omdat al die eersgeborenes aan My behoort. Toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig: Die eersgeborenes van mense sowel as diere behoort aan My. Ek is die HERE.”
NUMERI 3:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek, kyk, Ek het die Leviete uit die kinders van Israel geneem in die plek van al die eersgeborenes wat die matriks oopmaak onder die kinders van Israel; daarom sal die Leviete myne wees; Omdat al die eersgeborenes myne is; want op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel aan My geheilig, mense sowel as diere; hulle sal myne wees: Ek is die HERE.
NUMERI 3:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek aanvaar die Leviete uit al die Israeliete as die plaasvervangers vir die seuns wat eerste gebore word. Die Leviete sal aan My behoort. Al die seuns wat eerste gebore word, behoort mos aan My. Sedert Ek al die oudste seuns van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek die eerste een wat van mense en diere gebore word in Israel vir Myself opgeëis. Hulle behoort aan My.”