NUMERI 35:24 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
NUMERI 35:24 AFR83 (Afrikaans 1983)
moet die bevoegde vergadering volgens hierdie bepalings uitspraak lewer tussen hom wat die dood veroorsaak het en die bloedverwant wat die dood wil wreek.
NUMERI 35:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.
NUMERI 35:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
moet die regters in die saak tussen die aangeklaagde en die naaste familielede uitspraak lewer volgens hierdie riglyne.
NUMERI 35:24 DB (Die Boodskap)
dan moet die leiers die saak ondersoek. Hulle moet besluit wat hulle gaan doen met die saak tussen die beskuldigde en die familielid van die persoon wat dood is. Die volgende riglyne moet gevolg word
NUMERI 35:24 ABA (Bybel vir almal)
dan moet die volksvergadering oordeel tussen die persoon wat die ander een doodgemaak het en die familielid van die persoon wat dood is.
NUMERI 35:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
dan moet die volksvergadering op grond van hierdie bepalings uitspraak lewer tussen die een wat doodgemaak het en die bloedwreker.
NUMERI 35:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan moet die vergadering oordeel tussen die doodslager en die bloedwrekenaar volgens hierdie verordeninge