FILIPPENSE 1:6-8
FILIPPENSE 1:6-8 Bybel vir almal (ABA)
God het begin om 'n goeie ding in julle harte te doen. Ek is baie seker dat Hy dit sal klaarmaak op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Dit is heeltemal reg dat ek so oor julle dink, want julle is lief vir my. Julle almal dink altyd aan my en julle weet hoe goed God vir my is terwyl ek nou 'n gevangene is en hier kan vertel dat die goeie boodskap reg en waar is. God weet hoe baie ek na julle verlang. Hy weet ek is so lief vir julle soos Christus Jesus lief is vir julle.
FILIPPENSE 1:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is. Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.
FILIPPENSE 1:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan. God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart.
FILIPPENSE 1:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
juis hiervan oortuig dat Hy, wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus. Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou. Wat my gevangenskap, sowel as die verdediging en bevestiging van die evangelie betref, deel julle almal saam met my in die genade. Want God is my getuie hoe ek met die innigheid van Christus Jesus intens na julle almal verlang.
FILIPPENSE 1:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl julle juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal doen tot op die dag van Jesus Christus. Net soos dit vir my gepas is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart het; in soverre beide in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie, julle almal my genade deelagtig is. Want God is my getuigskrif, hoe baie ek verlang na julle almal in die ingewande van Jesus Christus.
FILIPPENSE 1:6-8 Die Boodskap (DB)
Van een ding is ek seker: dit is God wat al hierdie goeie dinge met julle laat gebeur. Hy sal dit vir julle bly doen tot op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Hy sal julle nooit in die steek laat nie, daarvan kan julle seker wees. Ek het rede om so oor julle almal te voel. Ek het nog altyd ’n baie besondere plekkie vir julle gehad. Julle was mos van die begin af aan my kant, soos nou nog steeds. Dit het vir julle nie saak gemaak of ek in die tronk gegooi is of soos ’n misdadiger in die hof moes veg en beledig is omdat ek vir mense van Jesus vertel het nie. God was egter deur dit alles goed vir my, en dit het julle die hele tyd saam met my ervaar. Ek verlang baie na julle, gaan vra maar vir God self; Hy sal julle kan sê hoe baie ek verlang. Julle weet hoe baie Christus vir julle omgee. Nou ja, ek gee net soveel vir julle om.
FILIPPENSE 1:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. Dit is vanselfsprekend dat ek so oor julle almal voel omdat julle my na aan die hart lê. Julle almal deel saam met my in God se genade – wanneer ek in die tronk sit én wanneer ek die waarheid van die Goeie Nuus verdedig en bevestig. God kan getuig hoe ek na julle almal verlang. Ek gee vir julle om met die liefdevolle deernis van Christus Jesus!