FILIPPENSE 2:7-8
FILIPPENSE 2:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Hy het Homself verneder en Hy het geword soos 'n slaaf, Hy het 'n mens geword soos ons. Toe Hy 'n mens geword het, het Hy Homself nog meer verneder, Hy was gehoorsaam en Hy het gesterf. Ja, Hy het aan die kruis gesterf.
FILIPPENSE 2:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
FILIPPENSE 2:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
FILIPPENSE 2:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy in die vorm van 'n mens verskyn het, het Hy Homself verneder, deurdat Hy gehoorsaam geword het tot die dood toe, ja, die dood aan die kruis.
FILIPPENSE 2:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het geen aansien gemaak nie, en het die gestalte van 'n dienskneg aangeneem en aan mense gelyk geword. En toe Hy in gedaante gevind is as 'n mens, het Hy Homself verneder en gehoorsaam geword tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
FILIPPENSE 2:7-8 Die Boodskap (DB)
Toe die tyd ryp was, het Hy die status en eer wat Hy gehad het eenkant toe geskuif. Hy het ’n mens tussen mense geword. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy sommer ’n gewone mens geword wat op die oog af nie uitsonderlik gelyk het nie, ja, iemand van wie baie ander mense niks gedink het nie. As mens onder mense het Hy die pad van vernedering nog verder geloop. Dit sou Hom uiteindelik by die dood aan die kruis uitbring. Wat ’n vernedering! God het dit egter van Hom gevra en Hy het die pad van vernedering gehoorsaam enduit geloop.