FILIPPENSE 3:13 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
FILIPPENSE 3:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.
FILIPPENSE 3:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.
FILIPPENSE 3:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.
FILIPPENSE 3:13 DB (Die Boodskap)
Broers en susters, moenie my verkeerd verstaan nie. Ek wil nie maak asof ek die een is wat volmaak is nie. Allesbehalwe dit; maar ek gee alles om so te probeer wees. Daarom steur ek my nie meer aan my verlede en al die dinge wat toe skeefgeloop het nie.
FILIPPENSE 3:13 ABA (Bybel vir almal)
Vriende, ek dink nie dat ek dit al klaar alles gekry het nie, maar een ding is vir my belangrik: Ek vergeet al die dinge wat verby is, en ek dink net aan die dinge wat nog sal gebeur.
FILIPPENSE 3:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Broers, ek reken nie dat ek dit self reeds my eie gemaak het nie, maar een ding doen ek: Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê.
FILIPPENSE 3:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Broeders, ek reken my nie as gevat nie; maar hierdie een ding doen ek, en vergeet die dinge wat agter is, en reik uit na die dinge wat voor is