SPREUKE 1:1-4
SPREUKE 1:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan, om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid; om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg
SPREUKE 1:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie is die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel. Die doel van hierdie spreuke is om mense wysheid te leer en hulle te onderrig. Dit sal hulle help om wyse woorde te verstaan. Deur hierdie woorde sal hulle dissipline leer en weet hoe om regverdig, reg en billik op te tree. Iemand wat nog onervare is, sal verstandig word. Die spreuke sal jongmense kennis gee en onderskeidingsvermoë.
SPREUKE 1:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. Spreuke leer vir jou wysheid. Dit leer vir jou om te weet wanneer mense verstandige dinge sê, en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is. Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen.
SPREUKE 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
SPREUKE 1:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Spreuke van Salomo, seun van Dawid, die koning van Israel: om vertroud te raak met wysheid en vermaning, om woorde van insig te verstaan; om vermaning wat begrip kweek, te ontvang, begrip vir wat regverdig en billik en reg is; om onkundiges vernuf aan te leer, jongmense kennis en goeie oordeel
SPREUKE 1:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel; Om wysheid en tug te ken; om die woorde van begrip waar te neem; Om die onderrig van wysheid, geregtigheid en oordeel en billikheid te ontvang; Om aan die eenvoudiges listigheid te gee, aan die jongman kennis en oorleg.
SPREUKE 1:1-4 Die Boodskap (DB)
Die boek Spreuke is in die tyd van Dawid se seun Salomo geskryf. Al die spreuke wil ons wys hoe om te leef. Dit is bedoel om mense wys en gelukkig te maak. Hierdie spreuke moet jy jou eie maak, want dit wil die volgende doen: dit wil jou die kuns van die lewe aanleer, jou met ’n gedissiplineerde lewenstyl help. Dit wil jou leer wat reg en billik is. Dit wil jou insig gee. Dan sal jy ’n goeie aanvoeling hê vir wat reg en gepas is in elke omstandigheid waarin jy beland. Dit wil onervare gelowiges leer hoe om reg te leef. Vir jongmense ook.