SPREUKE 1:12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 1:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen, ons maak gesonde mense dood!

SPREUKE 1:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal

SPREUKE 1:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ons wil hulle lewendig laat verdwyn, net soos in ’n graf, soos gesonde mense wat in die dood wegsink.

SPREUKE 1:11-14 DB (Die Boodskap)

“Kom ons kul onskuldige mense. Ons laat goeie mense niksvermoedend in ons strikke inloop. Dan gaan hulle onder. Dan vat ons hulle goed en verryk onsself. Kom, wees deel daarvan.”

SPREUKE 1:12 ABA (Bybel vir almal)

Hy is nog lewendig en gesond wanneer ons hom vang, maar ons sal hom laat sterf en laat afgaan na die doderyk, na die graf.

SPREUKE 1:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

laat ons, soos die •doderyk, hulle lewend verslind, volledig, soos dié wat afdaal in die put.

SPREUKE 1:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Laat ons hulle lewendig verslind soos die graf; en heel, soos die wat in die kuil neerdaal