SPREUKE 10:19-20
SPREUKE 10:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig. Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd.
SPREUKE 10:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Die mens wat baie praat, sê maklik verkeerde dinge, die mens wat versigtig is en dink voordat hy praat, is verstandig. Die woorde van 'n mens wat reg lewe, is soos die beste silwer, die dinge wat mense dink wat verkeerd doen, beteken niks.
SPREUKE 10:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
SPREUKE 10:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By 'n oorvloed woorde bly oortredings nie uit nie; maar wie sy lippe in bedwang hou, is verstandig. Uitgesoekte silwer is op die tong van 'n regverdige; die gedagtes van goddeloses is min werd.
SPREUKE 10:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die veelheid van woorde ontbreek die sonde nie, maar hy wat sy lippe terughou, is wys. Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer: die hart van die goddelose is min werd.