SPREUKE 14:6 - Compare All Versions

SPREUKE 14:6 ABA (Bybel vir almal)

Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie, ook nie wanneer hy dit soek nie. 'n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.

SPREUKE 14:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

SPREUKE 14:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie; 'n verstandige mens doen maklik kennis op.

SPREUKE 14:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Spotter soek wysheid, maar daar is niks; kennis is vir 'n verstandige maklik.

SPREUKE 14:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

'n Spotter soek wysheid en vind dit nie, maar kennis is maklik vir die verstandige.

SPREUKE 14:6 DB (Die Boodskap)

’n Dom mens soek tevergeefs na wysheid. Hy weet nie eens waar om te begin nie. ’n Gelowige weet hoe om gelukkig te leef. Hy weet waar om wysheid te vind.

SPREUKE 14:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis.