SPREUKE 16:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
SPREUKE 16:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad word vermy deur die Here te dien.
SPREUKE 16:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.
SPREUKE 16:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Liefde en lojaliteit bring versoening vir oortredings. Kwaad word vermy wanneer daar respek is vir die HERE.
SPREUKE 16:6 DB (Die Boodskap)
Respek vir mekaar laat ’n vriendskap blom. Liefde vir die Here hou ’n mens van die kwaad af weg.
SPREUKE 16:6 ABA (Bybel vir almal)
As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe, dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo. As jy die Here respekteer en Hom dien, dan sal dit nie sleg gaan met jou nie.
SPREUKE 16:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die HERE vermy 'n mens die kwaad.
SPREUKE 16:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Deur goedertierenheid en waarheid word die ongeregtigheid gereinig, en deur die vrees van die HERE wyk mense af van die kwaad.