SPREUKE 3:11-12
SPREUKE 3:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun.
SPREUKE 3:11-12 Bybel vir almal (ABA)
My seun, die dinge wat die Here vir jou leer, moet vir jou belangrik wees, jy moenie opstandig wees wanneer Hy jou straf nie, want Hy straf jou omdat Hy lief is vir jou, Hy doen dit soos 'n pa wat lief is vir sy kind.
SPREUKE 3:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
SPREUKE 3:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vermaning van die HERE, my seun, moet dit nie verwerp nie, en moenie 'n afkeer hê van sy teregwysing nie. Want die een vir wie die HERE liefhet, wys Hy tereg, soos 'n vader die seun vir wie hy omgee.
SPREUKE 3:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My seun, verag die tugtiging van die HERE nie; wees ook nie moeg vir sy teregwysing nie. Want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet; soos 'n vader die seun in wie hy 'n welbehae het.
SPREUKE 3:11-12 Die Boodskap (DB)
Soms ervaar jy hartseer en teleurstelling. Soms is jy kwaad vir die Here. Moet Hom egter nooit in jou woede vloek of verwyt nie. Soos ’n goeie pa soms met sy geliefde seun raas, so maak die Here ook met ons. Hy raas met ons omdat Hy ons so baie liefhet. So help Hy ons om met nog groter wysheid en vreugde te leef.