SPREUKE 3:13-14 - Compare All Versions

SPREUKE 3:13-14 ABA (Bybel vir almal)

Dit gaan goed met die mens wat wysheid gekry het, met die mens wat verstandig geword het, want om wysheid te kry, is beter as om silwer en goud te kry.

SPREUKE 3:13-14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud

SPREUKE 3:13-14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud.

SPREUKE 3:13-14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hoe gelukkig is 'n mens wat wysheid vind, en 'n mens wat verstandigheid verkry! Ja, die wins wat wysheid lewer, is meer as dié van silwer, meer as dié van goud is haar opbrengs.

SPREUKE 3:13-14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Gelukkig is die mens wat wysheid vind, en die mens wat verstand verkry. Want die handelsware daarvan is beter as die handelsware van silwer, en die wins daarvan as fyn goud.

SPREUKE 3:13-14 DB (Die Boodskap)

Iemand wat elke dag reg leef en met insig optree, se lewe is vol geluk. Die blydskap wat uit ’n wyse lewe straal, is baie kosbaar. Dit is baie meer werd as al die banke se geld en al die myne se goud

SPREUKE 3:13-14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry. Wysheid het meer voordele as geld. Haar beloning is meer werd as goud.