SPREUKE 30:5-6
SPREUKE 30:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil. Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as 'n leuenaar.
SPREUKE 30:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elke woord van God is getoets. Hy beskerm elkeen wat beskerming by Hom kom soek. Moenie iets byvoeg by wat Hy gesê het nie. Hy sal jou straf. Jy sal leuenaar genoem word.
SPREUKE 30:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Alles wat God gesê het, is waar. Hy beskerm die mense wat in Hom glo. Jy moenie meer wil sê as wat Hy gesê het nie, Hy sal vir jou sê jy is verkeerd, en mense sal weet jy vertel leuens.
SPREUKE 30:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.
SPREUKE 30:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke woord van God is gelouter; 'n skild is Hy vir hulle wat by Hom skuil. Moenie iets byvoeg by sy woorde nie, anders verklaar Hy jou skuldig en word jy as 'n leuenaar uitgekryt.