SPREUKE 4:20-27
SPREUKE 4:20-27 Bybel vir almal (ABA)
My kind, jy moet luister wanneer ek praat, jy moet luister na wat ek sê. Jy moet altyd onthou wat ek vir jou sê, jy moenie dit vergeet nie, want elkeen wat doen wat ek sê, sal aanhou lewe, en hy sal 'n gesonde mens wees. Jy moet baie versigtig wees wat jy dink, meer versigtig as met ander dinge, want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe. Jy moenie leuens vertel nie, jy moenie mense bedrieg nie. Jy moet reguit vorentoe kyk, jy moet weet waarnatoe jy gaan. Jy moet op die reguit pad loop, dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop. Jy moenie wegdraai van die reguit pad nie, jy moenie regs of links draai nie, jy moet wegbly van alles wat verkeerd is.
SPREUKE 4:20-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
SPREUKE 4:20-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde! Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte, want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie. Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.
SPREUKE 4:20-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ My seun, slaan ag op my uitsprake; spits jou ore vir my woorde. Laat hulle nie aan jou oë ontglip nie; bewaar hulle diep in jou hart. Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing. Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe. Bly weg van 'n mond wat valsheid verkondig, en slinkse lippe, hou dit ver van jou. Jou oë moet vorentoe kyk, jou blik moet reg voor jou gerig wees. Hou die pad vir jou voet gelyk; en al jou weë, laat dit bestendig wees. Moenie regs of links afdraai nie, hou jou voet weg van die kwaad.”
SPREUKE 4:20-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My seun, let op my woorde; neig u oor tot my woorde. Laat hulle nie van u oë afwyk nie; bewaar hulle in jou hart. Want hulle is lewe vir dié wat hulle vind, en gesondheid vir hulle hele vlees. Bewaar jou hart met alle ywer; want daaruit is die kwessies van die lewe. Verwyder 'n verkeerde mond van jou af, en verdraaide lippe ver van jou af. Laat jou oë reguit kyk, en laat jou ooglede reguit voor jou uitkyk. Bedink die pad van jou voete, en laat al jou weë vasstaan. Draai nie regs of links nie; verwyder jou voet van die kwaad.
SPREUKE 4:20-27 Die Boodskap (DB)
Jong vriend, luister baie mooi na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my lewenswysheid. Vergeet dit nie ’n enkele oomblik nie. Hou jou oë altyd op die spreuke se lewensreëls. Dink heeltyd daaroor na. Wie dit sy eie maak, sal vreugde ervaar, soveel dat dit selfs sy liggaam beter sal laat voel. Wees versigtig wat jy dink. Jou denke kan jou lewe ingrypend beïnvloed. Vermy dom praatjies en leuens en glibberige woorde. Dink mooi na oor alles wat jy sien. Kyk na die goeie dinge van die lewe. Let mooi op hoe jy jou lewe inrig en kyk waarheen jy stap. Jou manier van leef bepaal jou geluk!
SPREUKE 4:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde! Moet dit nooit uit die oog verloor nie. Hou dit altyd in gedagte. My woorde beteken lewe vir dié wat daarna luister; gesondheid vir die hele liggaam. Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen. Moenie lelike dinge sê nie. Bly ver weg van lawwe praatjies. Kyk reguit vorentoe; bly gefokus op wat voor jou is. Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is.