Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 106:44-45 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 106:44-45 AFR83 (Afrikaans 1983)

Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie; Hy het hulle smeekgebede verhoor. Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig.

PSALMS 106:44-45 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het; en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.

PSALMS 106:44-45 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Tog het Hy hulle ellende raakgesien, en geluister na hulle hulpgeroep. Hy het gedink aan sy verbond met hulle, en Hy was genadig op grond van sy onfeilbare liefde.

PSALMS 106:44-45 DB (Die Boodskap)

Maar God het gesien hoe swaar hulle kry, Hy het geluister as hulle Hom smeek om hulle te kom help. Hy het onthou dat Hy sy ooreenkoms met hulle gemaak het. Omdat sy hart oorloop van goedheid, het Hy sy hand weer na hulle toe uitgesteek.

PSALMS 106:44-45 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het gesien dat dit sleg gaan met hulle en Hy het gehoor hoe hulle soebat dat Hy hulle moet help. Hy het toe gedink aan sy verbond met hulle en Hy het dit beter laat gaan met hulle, Hy het onthou dat hulle sý mense is.

PSALMS 106:44-45 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Tog het Hy hulle nood raakgesien telkens wanneer Hy hulle klaagroep hoor. Om hulle ontwil het Hy aan sy verbond gedink, en Hy het hulle jammer gekry uit die oorvloed van sy troue liefde.

PSALMS 106:44-45 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hy het hulle ellende gesien toe hy hulle geroep hoor: En Hy het vir hulle aan sy verbond gedink en hom bekeer volgens die grootheid van sy barmhartighede.