PSALMS 111:10
PSALMS 111:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.
PSALMS 111:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die begin van wysheid is ontsag vir die HERE; almal wat sy opdragte uitvoer, het goeie insig. Sy lof hou vir altyd stand.
PSALMS 111:10 Die Boodskap (DB)
Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe. Die Here verdien al die dankies wat mense Hom kan gee.
PSALMS 111:10 Bybel vir almal (ABA)
As iemand wysheid wil kry, dan moet hy die Here eer en dien, as iemand regtig verstandig wil word, dan moet hy doen wat die Here wil hê. Mense moet die Here prys, hulle moet Hom altyd prys.
PSALMS 111:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.