PSALMS 118:24-26
PSALMS 118:24-26 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie is die dag wat die Here gemaak het, ons moet juig en bly wees daaroor. Here, ons vra vir U, red ons asseblief, ons vra vir U, laat dit asseblief goed gaan met ons! Ons groet elke persoon wat kom omdat die Here hom gestuur het, ons is in die tempel en ons groet julle.
PSALMS 118:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.
PSALMS 118:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. Red tog, Here, gee tog voorspoed, Here! Prys hom wat in die Naam van die Here kom! Ons seën julle uit die huis van die Here.
PSALMS 118:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons juig en ons in Hom verheug. Ag, HERE, verlos ons tog! Ag, HERE, gee tog voorspoed! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE. Ons seën julle uit die huis van die HERE.
PSALMS 118:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; ons sal daaroor juig en bly wees. Red tog tog, HERE, o HERE, stuur tog tog voorspoed. Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die HERE: ons het julle geseën uit die huis van die HERE.
PSALMS 118:24-26 Die Boodskap (DB)
So ’n dag is baie besonders. Ons sal bly daaroor sing. Ag, Here, help ons asseblief. Luister, Here, maak ons tog gelukkig. Dit gaan goed met elkeen wat kom om die Here te dien. Julle wat die Here dien, sal baie gelukkig wees.