PSALMS 118:5-6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 118:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)

In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?

PSALMS 118:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?

PSALMS 118:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In my nood het ek tot die HERE gebid. Die HERE het my geantwoord en my bevry. Die HERE is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen?

PSALMS 118:5-6 DB (Die Boodskap)

Toe ek in die moeilikheid was, het ek ernstig tot die Here gebid. Die Here het na my geluister. Hy het my gehelp. Die Here is by my. Daarom is ek vir niks bang nie. Niemand kan iets aan my doen nie.

PSALMS 118:5-6 ABA (Bybel vir almal)

Toe dit sleg gegaan het met my, het ek geroep en gevra dat die Here my moet help. Die Here het my geantwoord en Hy het my vrygemaak. Wanneer die Here by my is, dan is ek nie bang nie. Dan kan ander mense niks aan my doen nie.

PSALMS 118:5-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. Die HERE is vir my; ek sal nie bang wees nie. Wat kan 'n mens aan my doen?

PSALMS 118:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek het die HERE aangeroep in benoudheid; die HERE het my geantwoord en my op 'n groot plek gestel. Die HERE is aan my kant; Ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?