PSALMS 127:3-5
PSALMS 127:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet onthou dit is die Here wat vir 'n mens seuns gee, kinders is presente van die Here. Seuns wat gebore is toe hulle pa nog jonk was, is soos pyle wat iemand vashou, iemand wat oorlog moet maak. Dit gaan goed met 'n man vir wie die Here baie seuns gegee het, hy is nie bang dat hy sal verloor wanneer hy met die vyande in die poort praat nie.
PSALMS 127:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
PSALMS 127:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. Soos pyle in die hand van 'n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was. Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het! Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.
PSALMS 127:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, seuns is 'n erfdeel wat van die HERE kom; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. Soos pyle in die hand van 'n krygsheld, so is die seuns van jou jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker met hulle gevul het. Hulle sal nie beskaamd staan wanneer hulle met vyande in die stadspoort woorde wissel nie.
PSALMS 127:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, kinders is 'n erfdeel van die HERE, en die vrug van die moederskoot is sy beloning. Soos pyle in die hand van 'n held is; so is kinders van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker vol van hulle het; hulle sal nie beskaamd staan nie, maar hulle sal met die vyande in die poort spreek.
PSALMS 127:3-5 Die Boodskap (DB)
Kinders is ’n wonderlike geskenk van die Here, hulle kom direk uit die Here se hand. Kinders in ’n huis maak dit vol vreugde, dit maak ouerharte vol blydskap! Hoe gelukkig is elke pa en ma wie se huis die vrolikheid van kinderstemme ken! Hulle hoef nooit bang te wees vir hulle vyande nie.
PSALMS 127:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kinders is ’n gawe van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. Soos pyle in ’n krygsman se hande, so is seuns gebore in ’n mens se jeug. Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie.