PSALMS 139:1-2
PSALMS 139:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Here, U het tot diep in my gekyk, U ken my baie goed. U weet alles wat ek doen, net U weet dit, U is ver, maar U weet wat ek dink.
Deel
Lees PSALMS 139PSALMS 139:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
Deel
Lees PSALMS 139PSALMS 139:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.
Deel
Lees PSALMS 139PSALMS 139:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. HERE, U ondersoek my en U ken my. U is die een wat my sit en opstaan ken; U verstaan van ver af wat ek in gedagte het.
Deel
Lees PSALMS 139PSALMS 139:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE, U het my deursoek en my geken. U ken my neerslagtigheid en my opstand, U verstaan my gedagtes van ver af.
Deel
Lees PSALMS 139