PSALMS 139:1-3
PSALMS 139:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Here, U het tot diep in my gekyk, U ken my baie goed. U weet alles wat ek doen, net U weet dit, U is ver, maar U weet wat ek dink. U weet hoe ver ek loop en hoe lank ek slaap. U weet wat ek doen, oral waar ek gaan.
PSALMS 139:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
PSALMS 139:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.
PSALMS 139:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. HERE, U ondersoek my en U ken my. U is die een wat my sit en opstaan ken; U verstaan van ver af wat ek in gedagte het. My omswerwinge en waar ek rus – U het dit afgemeet; al my paaie is aan U bekend.
PSALMS 139:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE, U het my deursoek en my geken. U ken my neerslagtigheid en my opstand, U verstaan my gedagtes van ver af. U loop om my pad en my lê, en U is bekend met al my weë.
PSALMS 139:1-3 Die Boodskap (DB)
Here, U kyk of ek eerlik is en vertrou kan word. U weet wat gaan hier binne-in my aan. Ek kan niks wat ek doen, vir U wegsteek nie. Nog voordat ek iets doen, weet U wat dit gaan wees. Of ek by die huis bly en of ek rondloop, daar is niks wat ek vir U kan wegsteek nie. U weet alles wat ek doen.