PSALMS 145:18-21
PSALMS 145:18-21 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is naby almal wat tot Hom bid, almal wat eerlik tot Hom bid. Hy doen wat die mense vra, die mense wat Hom dien, Hy hoor wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat lief is vir Hom, maar Hy maak die mense dood wat verkeerd doen. Ek wil die Here prys, en almal wat lewe, moet sy heilige Naam prys, altyd en altyd.
PSALMS 145:18-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose. Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
PSALMS 145:18-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy. Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys.
PSALMS 145:18-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in waarheid aanroep. Hy vervul die wens van dié wat vir Hom ontsag het; hulle hulpgeroep hoor Hy, en Hy verlos hulle. Die HERE beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses delg Hy uit. My mond sal die lof van die HERE verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en altyd.
PSALMS 145:18-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in waarheid aanroep. Hy sal die begeerte vervul van die wat Hom vrees; Hy sal ook hulle hulpgeroep hoor en hulle red. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses sal Hy vernietig. My mond sal die lof van die HERE verkondig, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
PSALMS 145:18-21 Die Boodskap (DB)
Die Here is by elkeen wat Hom dien en aanbid. Hy los niemand alleen wat Hom dien nie. Hy doen alles wat sy getroue kinders van Hom vra. As hulle om hulp vra, doen Hy iets daaraan. Hy verlos hulle uit hulle nood. Die Here beskerm elkeen wat Hom liefhet, maar almal wat Hom nie dien nie, sal Hy vernietig. Ek sal die Here prys. Mag alles wat lewe, Hom altyd loof, want Hy is die Here. Daar is niemand soos Hy nie.
PSALMS 145:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. Hy vervul die begeertes van dié wat Hom dien; Hy hoor hulle hulpgeroep en red hulle. Die HERE beskerm almal wat Hom liefhet, maar die goddeloses vernietig Hy. Die lof van die HERE wil ek verkondig. Alles wat leef, sal sy heilige Naam vir altyd prys!