PSALMS 145:3-6
PSALMS 145:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel.
PSALMS 145:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is groot, al die mense moet Hom prys. Niemand weet hoe groot Hy is nie. Elke geslag moet die dinge prys wat U gedoen het. Hulle moet praat oor die groot dinge wat U gedoen het. Ek wil dink oor U, die Koning. Almal moet U respekteer en dien oor die wonderlike dinge wat U doen. Die mense moet bang word vir U wat sterk is, hulle moet daaroor praat, hulle moet vertel dat U groot is.
PSALMS 145:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik. Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade. He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade. Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.
PSALMS 145:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Groot is die HERE en besonder lofwaardig; sy grootheid is ondeurgrondelik. Geslag ná geslag roem u werke; u magtige dade maak hulle bekend. Oor die heerlike majesteit van u luister en u wonderdade wil ek nadink. Oor die krag van u ontsagwekkende dade praat mense; van u grootheid wil ek vertel.
PSALMS 145:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is groot en baie lofwaardig; en sy grootheid is ondeurgrondelik. Die een geslag sal U werke aan die ander prys en U magtige dade verkondig. Ek sal spreek van die heerlike eer van U majesteit en van U wonders. En die mense sal praat oor die mag van U verskriklike dade, en ek sal U grootheid verkondig.
PSALMS 145:3-6 Die Boodskap (DB)
Die Here is groot. Hy verdien om baie geprys te word. ’n Mens kan nie regtig in woorde beskryf hoe groot Hy is nie. Ouers vertel vir hulle kinders wat U gedoen het. Hulle prys U daaroor. Hulle prys U wanneer hulle vir mekaar vertel van die groot dinge wat U alles gedoen het. U regeer. Ek wil vertel hoe belangrik U is. U heiligheid straal uit U uit.
PSALMS 145:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE is groot! Hy is waardig om geprys te word. Sy grootheid is onmeetbaar. Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel. Ek sal die glans en heerlikheid van u majesteit verkondig en nadink oor u wonderdade. Mense sal praat van u vreeswekkende dade; hulle sal van u grootheid vertel.