PSALMS 147:1-3
PSALMS 147:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here prys! Want dit is goed om vir ons God te sing, ja, dit is lekker en dit is reg om Hom te prys. Dit is die Here wat Jerusalem weer bou, dit is Hy wat die mense bymekaarbring wat gevangenes is in ander lande. Dit is Hy wat mense gesond maak, mense wat baie moedeloos is, dit is Hy wat hulle seerplekke toedraai.
PSALMS 147:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LOOF die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas! Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
PSALMS 147:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is 'n genot om die loflied te sing wat Hom toekom. Dit is die Here wat Jerusalem weer opbou, wat die verstrooides van Israel bymekaarbring. Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.
PSALMS 147:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Halleluja! Ja, dit is goed om ons God te besing, ja, dit is aangenaam – 'n loflied is gepas. Die HERE herbou Jerusalem, die verstrooides van Israel maak Hy bymekaar. Dit is Hy wat dié met gebroke harte genees, wat hulle wonde verbind
PSALMS 147:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Prys die HERE, want dit is goed om tot eer van onse God te sing; want dit is aangenaam; en lof is lieflik. Die HERE bou Jerusalem op, Hy versamel die verdryftes van Israel. Hy genees die wat gebroke is van hart en verbind hulle wonde.
PSALMS 147:1-3 Die Boodskap (DB)
Kom prys die Here. Dit is goed om ons God met liedere groot te maak. Ja, dit is wonderlik. Dit pas by die Here se kinders om met liedere vir Hom dankie te sê. Wat mense afgebreek het, bou die Here weer op. In die geskiedenis het dit met Jerusalem gebeur. Van sy kinders wat in die verlede moes vlug, het Hy weer bymekaargebring. Hy troos elkeen wat hartseer is. Die seerplekke wat die lewe gee, maak Hy weer gesond.