PSALMS 18:3
PSALMS 18:3 Bybel vir almal (ABA)
Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge, Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge, U maak my vry. U maak my vry. My God, U is my rots, ek voel veilig by U, My God, U is my rots, ek voel veilig by U, U is vir my soos 'n skild, U is vir my soos 'n skild, U is sterk en U red my, U is vir my 'n veilige plek. U is sterk en U red my, U is vir my 'n veilige plek.
PSALMS 18:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is my rotsvesting, my bergskuiling, my bevryder. My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord.
PSALMS 18:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
PSALMS 18:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
PSALMS 18:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal die HERE aanroep wat lofwaardig is; so sal ek van my vyande verlos word.