PSALMS 19:2-4
PSALMS 19:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Die hemel sê God is koning, die hemeldak vertel wat Hy gedoen het. Die een dag sê dit vir die volgende dag, die een nag sê vir die volgende nag wat gebeur het. Niemand hoor dat die hemel praat nie, hy praat nie 'n taal en woorde nie.
PSALMS 19:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
PSALMS 19:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem.
PSALMS 19:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. Dag ná dag bring dit 'n boodskap voort en nag ná nag deel dit kennis mee. Alhoewel daar geen spraak en geen woorde is nie en hulle stem nie hoorbaar is nie
PSALMS 19:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dag tot dag spreek spraak, en nag tot nag spreek kennis uit. Daar is geen spraak of taal, waar hulle stem nie gehoor word nie. Hulle lyn gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot aan die voleinding van die wêreld. Daarin het Hy 'n tabernakel vir die son opgerig
PSALMS 19:2-4 Die Boodskap (DB)
As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal. Sy eer is oral in die lug opgeteken. In die blou hemelruim sien jy wat Hy alles met sy eie hande gemaak het. Alles wat Hy gemaak het, vertel hoe belangrik Hy is. Dis of die een dag met die volgende dag praat en die een nag vir die volgende nag fluister. Hulle dra die boodskap van God se eer en grootheid verder en verder oor. Maar jy hoor geen geluid nie; hulle praat nie met mensewoorde nie. Hulle boodskap word versprei sonder klanke.