PSALMS 2:10-12
PSALMS 2:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.
PSALMS 2:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees nou verstandig, o konings! Wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Dien die HERE met eerbied en juig oor Hom met bewing. Onderwerp julle aan God sodat Hy nie toornig word en jy op die pad omkom nie. Want sy toorn ontvlam gou, maar daar is vreugde vir almal wat by Hom skuil.
PSALMS 2:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, konings, julle almal wat op die aarde regeer, julle moet verstandig wees en leer. Julle moet die Here dien en Hom respekteer, julle moet Hom prys en bang wees vir Hom, julle moet buig voor sy seun, die koning. As julle dit nie doen nie, dan sal die Here kwaad word, en julle sal sterf, want Hy word gou kwaad.
PSALMS 2:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
PSALMS 2:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, konings, wees verstandig; wees gewaarsku, regters van die aarde. Dien die HERE met ontsag en juig Hom toe met bewing! Soen die seun, sodat Hy nie toornig word en julle op pad omkom nie, want sy toorn vlam maklik op. Gelukkig is almal wat by Hom skuil.
PSALMS 2:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees dan nou wys, o konings, word onderrig, o regters van die aarde. Dien die HERE met vrees, en wees bly met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die pad vergaan as sy toorn net 'n bietjie ontvlam nie. Geseënd is almal wat op Hom vertrou.
PSALMS 2:10-12 Die Boodskap (DB)
Gebruik nou julle verstand, leiers van hierdie wêreld; wees wakker. Ken julle plek en dien die Here met respek; maak sy Naam groot. Dien Hom nederig. Hou Hom tevrede en moenie Hom kwaad maak nie. As julle Hom kwaad maak, gaan julle swaarkry, glo my. Moet dit nie eens probeer nie. As jy aan die kant van die Here gaan staan, sal jy nie jammer wees nie.