PSALMS 20:7-8
PSALMS 20:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Nou weet ek dat die Here sy gesalfde help, die Here antwoord hom uit sy heilige hemel, Hy gee vir hom die krag om sy oorloë te wen. Party mense dink oorlogkarre help hulle om te wen, ander mense dink perde help hulle om te wen, maar ons weet dit is ons God die Here wat vir ons help.
PSALMS 20:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand. Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
PSALMS 20:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit weet ek: die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee! Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed; die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning. Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God.
PSALMS 20:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy •heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy •regterhand. Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die HERE ons God.
PSALMS 20:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar ons sal aan die Naam van die HERE onse God dink. Hulle het neergeval, maar ons het opgestaan en regop gestaan.
PSALMS 20:7-8 Die Boodskap (DB)
Een ding weet ek nou. Die Here sal die persoon wat Hy koning maak, ook ’n oorwinnaar maak. Hy sal sy gebede beantwoord vanuit sy woonplek. Omdat die Here so sterk is, sal die Here hom altyd laat wen. Party mense dink hulle goeie oorlogswapens en vegvoertuie gaan hulle laat wen. Ons weet van beter. Dit is die Here ons God wat ons laat wen. Ons vertrou op Hom.