PSALMS 22:1-5
PSALMS 22:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Die takbok vroeg in die môre.” 'n Psalm van Dawid. My God, my God, hoekom het U my gelos? Ek roep en vra dat U my moet help, ek kla en sug, maar U bly ver weg van my. My God, ek roep elke dag en nag, maar U antwoord nie, ek kan nie rus nie. U is die heilige God, die Israeliete prys U. Ons voorvaders het in Ú geglo, net in U, hulle het geglo en U het hulle gered.
PSALMS 22:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie. Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel! Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
PSALMS 22:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. 'n Psalm van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie. U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered.
PSALMS 22:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Op “Die rooi takbok van die dagbreek”. 'n Psalm. Van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom is U ver daarvan om my te verlos, ver van die woorde wat ek uitskreeu? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags, maar daar is geen rus vir my nie. U is tog die •Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink. Op U het ons voorouers vertrou, hulle het vertrou en U het hulle bevry.
PSALMS 22:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My God, my God, waarom het U my verlaat? waarom is jy so ver daarvan om my te help en van die woorde van my gebrul? O my God, ek roep bedags, maar U hoor nie; en in die nag, en ek swyg nie. Maar U is heilig, o U wat in die lofsange van Israel woon. Ons vaders het op U vertrou: hulle het vertrou, en U het hulle gered. Hulle het U aangeroep en is gered; hulle het op U vertrou en het nie beskaamd gestaan nie.
PSALMS 22:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug? Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie. Tog is U die Heilige wat woon waar Israel U prys. Ons voorouers het op U vertrou, hulle het U vertrou, en U het hulle gered.