PSALMS 22:27-31
PSALMS 22:27-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys. Mag hulle lank en gelukkig lewe. Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer. Alle volke sal Hom as koning erken, want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke. Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem en Hom as koning erken, ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel. Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.
PSALMS 22:27-31 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat hulleself nie kan help nie, sal genoeg kos kry om te eet. Julle wat vra wat die Here wil hê, julle sal Hom prys. Ek bid dat dit altyd goed sal gaan met julle. Al die mense sal onthou dat die Here daar is, hulle sal van oral op die aarde na Hom toe kom, al die volke sal voor Hom kom buig. Ja, dit is die Here wat Koning is, Hy regeer oor die volke. Al die mense sal voor Hom buig en hulle sal Hom dien, die mense wat meer as genoeg kos het om te eet, en die mense wat self te min kos het om te lewe, almal wat na die doderyk moet gaan. Die mense wat later sal lewe, sal Hom dien, die geslagte wat later sal lewe, sal van die Here hoor.
PSALMS 22:27-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe! Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies. Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie. 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.
PSALMS 22:27-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die verdruktes kan dan eet en versadig word; wie Hom raadpleeg, kan die HERE loof. Mag julle harte vir altyd leef! Almal tot aan die uithoeke van die aarde moet daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer. Al die familiegroepe van die nasies moet voor U in aanbidding buig; want aan die HERE behoort die koningskap, en Hy heers oor die nasies. Ja, voor Hom sal almal wat oordadig leef, in aanbidding neerbuig; voor Hom sal alle sterflinge kniel, elkeen wat nie die lewe kan behou nie. 'n Nageslag sal Hom dien; hulle sal van my Heer vertel aan die volgende geslag.
PSALMS 22:27-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al die eindes van die wêreld sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor jou aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy is die goewerneur onder die nasies. Almal wat vet is op die aarde sal eet en aanbid; almal wat na die stof afdaal, sal voor hom buig; en niemand kan sy siel in die lewe hou nie. 'n Saad sal hom dien; dit sal aan die HERE gereken word vir 'n geslag. Hulle sal kom en sy geregtigheid verkondig aan 'n volk wat gebore sal word, dat Hy dit gedoen het.
PSALMS 22:27-31 Die Boodskap (DB)
Vir mense wat die Here dien, sal Hy baie goed wees. Hulle sal al die goeie dinge geniet wat Hy vir hulle gee. Mense wat sy hulp vra, sal Hom kom prys. Ek wens dat julle lewe van blydskap sal oorloop. Dan sal julle voluit leef en elke dag geniet, en lank lewe. Tot op die verste plek op aarde sal mense sien hoe goed die Here is. Hulle sal hulle lewe vir Hom gee. Mense wat Hom nie geken het nie, sal Hom dien. Oud en jonk sal na Hom toe kom. Hulle sal voor Hom buig. Die Here is die sterkste van almal. Hy heers oor al die volke hier op aarde. Selfs ryk mense wat dink dat hulle Hom nie nodig het nie, sal kom en die goeie dinge geniet wat Hy gee. Hulle sal kom om Hom te dien en te eer. Alle mense sal voor Hom kniel. Mense sal vir hulle kinders van die Here vertel. So sal die nageslagte van Hom weet. Hulle sal opgewonde wees om in Hom te glo.
PSALMS 22:27-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die HERE dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd. Die hele aarde sal die HERE erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. Want die koningskap behoort aan die HERE! Hy heers oor al die nasies. Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor.