PSALMS 28:7
PSALMS 28:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied.
Deel
Lees PSALMS 28PSALMS 28:7 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die Here wat my sterk maak en wat my beskerm, ek is seker dat Hy my sal help. Hy sal dit doen, en ek sal bly wees, ek sal sing en Hom prys.
Deel
Lees PSALMS 28PSALMS 28:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
Deel
Lees PSALMS 28PSALMS 28:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
Deel
Lees PSALMS 28PSALMS 28:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is my krag en my skild; op Hom vertrou my hart. Ja, ek het hulp ontvang en my hart jubel, met my lied wil ek Hom prys
Deel
Lees PSALMS 28